Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afweer
afweer [boodskap #143850] Wo, 15 November 2023 15:30
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afweer
Afbreking: af•weer
Samestelling: af + weer


Werkwoord: weer af, afweer
Verlede tyd: het afgeweer

Betekenis:
• Om gevaar op 'n afstand te hou, of 'n aanval te neutraliseer.

Gebruik:
• Hy het die boelie se vuishou afgeweer en teruggeslaan.

Sinoniem:
• afwend
• stuit
• terugdryf
• verydel

Afgelei:
• afweerbaar
• afweerder
• afwering

Vertaling:
Engels: to avert, protect, defend
Nederlands: afweren


Selfstandige naamwoord: afweer
Meervoud:

Betekenis:
• Beskerming teen 'n aanval.

Gebruik:
• Die limfatiese stelsel speel 'n rol in die afweer van infektiewe siektes.

Hiponiem:
• grondafweer
• lugafweer

Afgelei:
• afweergeskut
• afweerkanon
• afweermiddel
• afweerstelsel
• afweerstrook

Vertaling:
Engels: defence
Nederlands: afweer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: terugbaklei
Volgende onderwerp: veiligheidshek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:46:40 MGT 2024