Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grafiek
grafiek [boodskap #143678] Wo, 01 November 2023 14:45
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Grafiek.
'n Grafiek.
grafiek
Afbreking: gra•fiek


Selfstandige naamwoord: grafiek
Meervoud: grafieke
Verkleinwoord: grafiekie
Meervoud van verkleining: grafiekies

Betekenis:
• Grafiese voorstelling van 'n versameling data wat uitgesoekte groothede met hul onderlinge verband aandui.
• Skets van 'n wiskundige funksie.

Gebruik:
• Die grafiek regs dui die gemiddelde reënval en temperatuur per maand aan.
• Die grafiek van die funksie y = mx + b is 'n reguit lyn.

Hiponiem:
• lyngrafiek
• sirkelgrafiek
• staafgrafiek

Afgelei:
• grafiekpapier

Vertaling:
Engels: graph, diagram
Nederlands: grafiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: memoriseer
Volgende onderwerp: moeiteloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:47:39 MGT 2024