Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep.
Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep. [boodskap #14213] Vr, 01 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

Die stigtingsakte van 'n nuusgroep is een van hulle. Ek was deel
> van die proses waardeur hierdie nuusgroep tot stand gebring is - met 'n
> stigtingsakte wat by wyse van demokratiese stemming goedgekeur is.
>
> Die eerste maal is die stigting van die nuusgroep afgekeur. Groot getalle
> mense met die soort houdings wat Gloudina en Sizwe openbaar - "Afrikaners
> moet stilbly" het uit soc.culture.africa en elders opgeruk en die stigting
> van die nuusgroep afgestem.

Leendert, dis sulke soort geskryf soos
hierdie wat 'n mens siek vir jou maak.
As jy nog die oorspronklike lys van
stemme (voor of teen) het vir die
Afrikaanse nuusgroep, sal jy my man
en my stemme daar sien. Nou praat jy
asof jy nou so 'n groot aandeel gehad
het in die stigting van die nuusgroep.
Die persoon, sover ek dit kan onthou,
wat die grondwerk gedoen het, was 'n
man met die naam Robert Wagenaar (as
ek dit reg onthou) van 'n Universiteit
in Nederland. En sover ek kan onthou,
was daar nie groot getalle mense wat
daarteen gestem het nie.
Ek hoop dat mense soos Sizwe aan sal
hou om hierdie nuusgroep te gebruik. Dis
in die eerste plek vir sprekers van
Afrikaans, en nie vir Afrikaners nie.
Ek moet vir Sizwe komplimenteer op sy
goeie Afrikaans, wat hy blykbaar in
stand hou ten spyte van die feit dat
hy nie meer in Suid-Afrika bly nie.
Moenie dat mense soos Leendert vir jou
af van die nuusgroep terroriseer nie.
Onthou, ons veg die Derde Vryheidsoorlog.

Gloudina
Re: Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep. [boodskap #14259 is 'n antwoord op boodskap #14213] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 1 May 1998 17:46:20 GMT, wrote:

wat die grondwerk gedoen het, was 'n[/color]
> man met die naam Robert Wagenaar (as
> ek dit reg onthou) van 'n Universiteit
> in Nederland. En sover ek kan onthou,
> was daar nie groot getalle mense wat
> daarteen gestem het nie. >>

Dit is inderdaad soos dit was.
Re: Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep. [boodskap #14260 is 'n antwoord op boodskap #14213] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Reinier de Vos en Franz Dullaart het ook 'n groot deel van die werk
gedoen... (met eksuus vir die andere wat ek vergeet)

Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On 1 May 1998 17:46:20 GMT, wrote:
>
>
> > wat die grondwerk gedoen het, was 'n
>> man met die naam Robert Wagenaar (as
>> ek dit reg onthou) van 'n Universiteit
>> in Nederland. En sover ek kan onthou,
>> was daar nie groot getalle mense wat
>> daarteen gestem het nie. >>
>
> Dit is inderdaad soos dit was.
>
Vorige onderwerp: 'n Disseksie van Bedrog
Volgende onderwerp: Afrikaanse mp3's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 23:08:55 MGT 2024