Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fluitjieblaser
fluitjieblaser [boodskap #142338] Wo, 28 Junie 2023 08:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fluitjieblaser
Afbreking: flui•tjie•bla•ser
Samestelling: fluitjie + blaser


Selfstandige naamwoord: fluitjieblaser
Meervoud: fluitjieblasers
Verkleinwoord: fluitjieblasertjie
Meervoud van verkleining: fluitjieblasertjies

Betekenis:
• Persoon wat 'n fluitjie blaas, soos die skeidsregter by 'n sportwedstryd.
• (figuurlik) Iemand wat 'n wandaad aan die kaak stel; verklikker; klikbek.

Gebruik:
• 'n Ier is as fluitjieblaser vir die rugbywedstryd aangewys.
• Hoekom word die fluitjieblaser vervolg, en nie die skuldiges nie?

Afgelei:
• fluitjieblasery

Vertaling:
Engels: umpire; whistle blower
Nederlands: scheidsrechter; klokkenluider

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalklig
Volgende onderwerp: ongeregtigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:30:36 MGT 2024