Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » graf van my land
graf van my land [boodskap #140381] Di, 04 Oktober 2022 15:08
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die reën val hard en driftig op die dak
terwyl ‘n antarktiese koue die vertrek begin vul

of is dit dalk die trane van afgestorwe burgers
van die eens pragtige land suid-afrika
burgers wat almal wreed vermoor is
deur ‘n empatielose regering

en kom hierdie koue dalk uit die wagtende graf
van die land bekend as sonskyn suid-afrika
land wie se grense ondeurdenk oopgemaak is
om die wêreld se misdaadsindikate in te laat
Vorige onderwerp: hawelose
Volgende onderwerp: destyds en nou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:32:16 MGT 2024