Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » totsiens mamma
totsiens mamma [boodskap #140030] Do, 18 Augustus 2022 13:39
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
bitterlik diep sny die seer
soos ’n skelpel so diep
om u so vreeslik stil en eensaam daar te sien lê
maar dan onthou ek dat dit juis is wat u vir soveel jare reeds wou hê
omdat u gevoel het dat u taak hier op aarde volbring was
maar dit was nie
want u het steeds soveel gehad om aan ander te gee

daar is nog massas vrae wat ek u wou vra en ook soveel dinge wat ek u wou sê
maar nou is dit te laat
want u het reeds u finale sê gesê
met die woorde van daardie pragtige afskeidsgebed
wat vir ewig in my hartsargiewe bewaar sal bly

al sny die seer so bitterlik diep
is ek nie kwaad nie
omdat ek verstaan dat u hierdie finale rus verdien
want vir meer as ’n eeu
het u u selfs in die moeilikste tye
oor ander ontferm sonder om ’n enkele klagtewoord daaroor te uiter

u gaan nou na ’n onbekende wêreld ver verwyderd hiervandaan
om aan die sy van u Skepper met ou kennisse en familie te herenig
ek gaan u vreeslik mis maar baie baie dankie vir ’n wonderlike lewe
en vir alles wat u vir my moes opoffer
vergewe my asseblief vir die tye waar ek u in die steek gelaat het

ek wil u graag nog ’n laaste guns vra:
wanneer u by pappa kom vertel hom hoe lief ek hom het en hoe baie ek hom mis
Vorige onderwerp: dankgebed
Volgende onderwerp: mikrokosmos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 05:47:06 MGT 2024