Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » mikrokosmos
mikrokosmos [boodskap #140031] Do, 18 Augustus 2022 13:41
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die besige heuningby
sal jy altyd tussen blomme kry
waar hulle stuifmeel soek
vir die maak van die heuningkoek

die arbeidlustige mier
is nie oorspronklik van hier
maar is uiters aanpasbaar
om op enige plek nes te skop en kos te vergaar

die asemrowende vlinder
moet jy nooit verhinder
as jy hom in jou tuin ontmoet
en hy jou met sy kleureprag groet

die peslike vlieg
wat meer sit as vlieg
kan net jou dag versuur
terwyl jy klappe in sy rigting stuur

die nimlike liewenheersbesie
is die welkome spesie
wat dag na dag na dag
die luise op jou spogplante jag

die haatlike muskiet
bring net verdriet
as dit jou bloed en nagrus kom steel
en die spieël wys jy het jou nie verbeel
Vorige onderwerp: totsiens mamma
Volgende onderwerp: die druppels in ons lewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:29:48 MGT 2024