Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » blote genade
blote genade [boodskap #140005] Di, 16 Augustus 2022 16:28
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
vandag is die eerste sonskyndag na ‘n week van reën
en ek gebruik dit om besoek by elke plantjie in die tuin af te lê
en die kleur en geur van elke blom op die dataskyf in my brein vas te lê
terwyl ek die nuwe groei van die verskillende vrugtebome bewonder

duiwe, mossies, vinke en spreeus maak beurte om die voëlbad te gebruik
en ander na wurms en goggas en pitjies op die grasperk en stoep stap en soek
dis asof die tonele wat hier afspeel, kom uit die blaaie van ‘n sprokiesboek
en ek as toeskouer vanuit ‘n heel ander era van buite af daarna kyk

maar met ons vier aktiewe honde wat my op hierdie tuintoer vergesel
word alle twyfel oor sprokies en werklikheid vinnig uit die weg geruim
wanneer ongevraagde gate gegrawe word en plante verdwyn sonder versuim
want hulle is net so dankbaar vir hierdie sonskyndag na die week se gewag

uit die voëlhokke word die jongste nuus met die wilde voëls in die bome gedeel
terwyl my pragtige vrou en twee dogters besig is om die huis aan die kant te maak
elkeen op haar eie manier en volgens haar unieke smaak
om alles in plek te hê voordat ek en die honde dit weer om gaan krap

dan besef ek opnuut hoe gelukkig ek werklik is
om soveel genade van my Skepper te ontvang
want ek besit die beste wat enige mens na kan verlang
goeie gesondheid, pragtige gesin, liefdevolle diere en geloof in God
Vorige onderwerp: taalprag
Volgende onderwerp: God, help ons pragtige land
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 18:52:53 MGT 2024