Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » God, help ons pragtige land
God, help ons pragtige land [boodskap #140010] Wo, 17 Augustus 2022 09:52
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die mense van hierdie pragtige land het hulle nooit aan die res van wêreld gesteur
omdat die res van die wêreld nooit werklik geweet het wat presies hier gebeur
soms het ons saam gejuig en op ander kere het ons saam getreur
want ons geskiedenis het wye draaie geloop en aandvuurvertellings is ryklik gegeur
al het die apartheidsregering menige gesinne en gemeenskappe uitmekaar geskeur

maar daar was orde
en respek
ten spyte van al die apartheidsborde
en mense het gesterf en nie soos diere gevrek

want dit is presies wat nou in hierdie eens pragtige land gebeur
omdat die vryheidsregering hom nie aan die voortbestaan van die land en sy mense steur
‘n land waar die mense - mans vrouens en kinders - nie meer kan gil en huil maar slegs kan treur
omdat staatsgoedgekeurde misdaad dag en nag Godgegewe menselewens uitmekaar uit skeur
en reuke uit die natuur oordonder word deur buskruit en bloed se geur
Vorige onderwerp: blote genade
Volgende onderwerp: dankgebed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 15:18:52 MGT 2024