Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snot
snot [boodskap #139629] So, 03 Julie 2022 12:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snot
Afbreking: snot


Selfstandige naamwoord: snot
Meervoud:

Betekenis:
• (plat) Die slymerige afskeiding van die neus.

Gebruik:
• Die kind se ma vee 'n bel snot van sy gesig af.

Spreekwoord:
Snot en trane huil. [Vreeslik huil.]
• So is die lewe, so is die lot… ogies vol trane, neusies vol snot.

Sinoniem:
• mukus
• neusslym
• neusvog

Afgelei:
• snotbel
• snotblom
• snotdoek
• snotklap
• snotkop
• snotlap
• snotneus
• snotpsalm
• snotsiekte
• snotterbel
• snotterig

Vertaling:
Engels: snot, mucus
Nederlands: snot

Nota:
• Die uitdrukking "Piet Snot" is 'n vernederende verwysing na iemand wat onbelangrik of onnosel is.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snotpsalm
Volgende onderwerp: soetvleisklier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:30:29 MGT 2024