Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kat
kat [boodskap #126617] Vr, 14 Junie 2019 15:52 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kat.
'n Kat.
kat
Afbreking: kat
Uitspraak: /kɐt/




Selfstandige naamwoord: kat
Meervoud: katte
Verkleinwoord: katjie
Meervoud van verkleining: katjies

Betekenis:
• 'n Huisdier wat as troeteldier of as muisvanger aangehou word.
• (soogdier) Een van 'n aantal roofdierspesies wat aan die kat verwant is (Familie Felidae).
• (figuurlik) 'n Geniepsige, skindersiek vrou.

Gebruik:
• Die kat jaag 'n muis. Die kat rol in die wol.
• Die leeu is die naasgrootste kat ná die tier.
• Sy is 'n regte kat.

Spreekwoord:
• Die kat uit die sak laat. ['n Geheim verklap.]
• As die kat dik is, smaak die muis bitter. [As iemand genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]
• As die kat weg is, is die muis baas. [Wanneer die baas weg is, maak die onderhoriges net wat hulle wil.]
• Die kat in die donker knyp. [Heimlik kwaad doen.]
• Die kat kom terug. [Gesê wanneer iemand onverwags verskyn of wanneer iets herhaaldelik gebeur.]
• Die kat uit die boom kyk. ['n Afwagtende houding aanneem; versigtig wees.]
• Dis nie 'n kat om sonder handskoene aan te pak nie. [Dis 'n geval waar 'n mens altyd gereed moet wees om te veg of aan te val.]
• Gooi die kat in die duiwehok. [Veroorsaak 'n groot konsternasie.]
• Hy het nie 'n kat se kans nie. [Geen kans op sukses.]
• Hy kerm soos 'n kat oor 'n derm. [Oor onsin kla en neul.]
• Hy kom te laat vir die kat se afval. [Kom wanneer almal al klaar geëet het.]
• Hy laat geen hond of kat met rus nie. [Almal lastig val.]
Kat se blad, lek hom plat dan weet jy wat. [Gesê om 'n nuuskierige kind stil te kry.]
• 'n Benoude kat maak benoude spronge. [As 'n mens in die nood is, doen hy gewaagde dinge.]
• 'n Kat in die kelder toemessel. ['n Kwaad toesmeer, maar nie verwyder nie.]
• 'n Kat in die sak koop. [Slegte koop sluit.]
• 'n Kat kan ook na 'n koning kyk. [Die eenvoudigste mens het ook sekere regte.]
• 'n Kat val altyd op sy pote. [Hy red hom altyd uit die moeilikheid.]
• Om iets draai soos 'n kat om warm pap. [Iets baie graag wil hê, maar skrikkerig wees om dit te neem.]
• So min van iets weet as as ’n kat van saffraan. [Geen kennis hoegenaamd van iets hê nie.]
• Soos kat en hond lewe. [In onenigheid lewe; aanhoudend rusie maak.]
• So welkom soos 'n kat in 'n melkkamer. [Baie onwelkom.]
• Spaar vir die mond is goed vir die kat en die hond. [Wat jy jouself nie gun nie, ly jy dikwels skade.]
• Vir die kat kwaad wees en die hond skop. [Jou op 'n onskuldige persoon wreek as jy kwaad is.]
• Wie sal die kat die bel aanbind? [Wie sal hierdie gevaarlike werk durf doen?]

Hiponiem:
• huiskat
• mannetjieskat
• wyfiekat

Afgelei:
• katagtig
• katterig
• katsnor
• katspoegie
• katvriendelik

Verwant:
• miaau

Vertaling:
Engels: cat
Nederlands: kat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Re: kat [boodskap #138768 is 'n antwoord op boodskap #126617] Sa, 22 Januarie 2022 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tipe_Roelf  is tans af-lyn  Tipe_Roelf
Boodskappe: 4
Geregistreer: Desember 2020
Karma: 1
Junior Lid
Eerstens dankie vir die inligting ek het dit nogal nuttig en breedvoerig bevind.
Onder afgelei(en dalk ook onder spreekwoord) kan mens katspoegie[min of baie naby] byvoeg.

En ek dink daar is 'n spreekwoord:
Die kat uit die sak laat. ['n Geheim laat uitkom.]

[Bygewerk op: Sa, 22 Januarie 2022 15:39]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: kat [boodskap #138772 is 'n antwoord op boodskap #138768] So, 23 Januarie 2022 08:58 Na vorige boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
So bygewerk, baie dankie.
Vorige onderwerp: katspoegie
Volgende onderwerp: aansoekvorm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:12:06 MGT 2024