Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek soek hetero boere meisie
Ek soek hetero boere meisie [boodskap #13835] Wo, 15 April 1998 00:00 na volgende boodskap
KM  is tans af-lyn  KM
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ek is 'n olike man wat op die oomblik in Holland bly. Ek is op soek naar
'n by voorkeur 'n blonde jonge nooi. tot maksimaal 35 jare ouderdom.
Kom en gesels met my op my private e-pos adres.

Groete KM
Re: Ek soek hetero boere meisie [boodskap #13843 is 'n antwoord op boodskap #13835] Do, 16 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KM writes:

> Ek is 'n olike man

> Groete KM

Hoekom is jy olik? (In Afrikaans
"siekerig" of "voel nie so goed
nie. Sien 'n dokter. Soek daarna
die oulike blonde meisie. Of hou
ten minste dit geheim dat jy olik
voel.
Re: Ek soek hetero boere meisie [boodskap #13844 is 'n antwoord op boodskap #13835] Do, 16 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KM writes:

> Ek is 'n olike man wat op die oomblik in Holland bly.

Tot my verbasing vind ek nie die
Afrikaanse woord "olik" ook in die
Nederlandse woordeboek wat ons het
nie. Daar is wel die woord "olijk"
met die betekenis aangegee as "shy
and roguish." Ek wonder dus waar
ons Afrikaanse woord "olik" vandaan
kom met die betekenis van "seedy,
off colour, unwell." Die woord
olik in Afrikaans is veral bekend
in die idiomatiese uitdrukking
"Na vrolikheid kom olikheid."

Gloudina
Re: Ek soek hetero boere meisie [boodskap #13845 is 'n antwoord op boodskap #13835] Do, 16 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Julle kan so sarkasties raak met 'n man wat probeer Afrikaans skryf.
Probeer eerder verstaan wat hy probeer skryf eerder as om op sy spel
foute te wys. Ek sal graag julle wil sien Hollands probeer skryf.

Groete

@igs.net wrote in message ...
> KM writes:
>
>> Ek is 'n olike man
>
>> Groete KM
>
>
> Hoekom is jy olik? (In Afrikaans
> "siekerig" of "voel nie so goed
> nie. Sien 'n dokter. Soek daarna
> die oulike blonde meisie. Of hou
> ten minste dit geheim dat jy olik
> voel.
>
Re: Ek soek hetero boere meisie [boodskap #13846 is 'n antwoord op boodskap #13835] Do, 16 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
My ma het 'n Hollandse vriendin gehad in SA wat erg geskok was toe 'n ander
dame eendag vir haar gesê het dat sy 'n "oulike" eetstel het (kompliment).
Vir haar het die Nederlandse betekenis dit ingehou dat die eetstel uit die
oudedoos en nie meer goed genoeg is nie! (Soort van 'n belediging).

Ek kan my nou nie indink Korsten sou dit oor homself bedoel het nie -
miskien kan hy ons reghelp????

My pa het altyd van die woord olik gesê jy voel olik as jy voel soos 'n
klein hondjie wat mis gevreet het...

Sou Korsten dalk "ooglike" wou gebruik??
--
Net Nico ...

@igs.net wrote in article ...
| KM writes:
|
| > Ek is 'n olike man wat op die oomblik in Holland bly.
|
|
| Tot my verbasing vind ek nie die
| Afrikaanse woord "olik" ook in die
| Nederlandse woordeboek wat ons het
| nie. Daar is wel die woord "olijk"
| met die betekenis aangegee as "shy
| and roguish." Ek wonder dus waar
| ons Afrikaanse woord "olik" vandaan
| kom met die betekenis van "seedy,
| off colour, unwell." Die woord
| olik in Afrikaans is veral bekend
| in die idiomatiese uitdrukking
| "Na vrolikheid kom olikheid."
|
| Gloudina
|
Re: Ek soek hetero boere meisie [boodskap #13865 is 'n antwoord op boodskap #13835] Vr, 17 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
"J" skryf:
>
> Julle kan so sarkasties raak met 'n man wat probeer Afrikaans skryf.
> Probeer eerder verstaan wat hy probeer skryf eerder as om op sy spel
> foute te wys. Ek sal graag julle wil sien Hollands probeer skryf.
>
> Groete

Beste Groete

Die man het in Nederlands geskryf. Kyk na die res van die postings oor die
onderwerp dan sal jy dalk so 'n bietjie insig kry oor die konteks.

Ontspan. Hulle het maar net so 'n bietjie geterg.

-Gideon-
Vorige onderwerp: Gediggie deur 'n sekere mannetjie
Volgende onderwerp: "Lied van die Lente"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 14:01:48 MGT 2024