Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dromerig
dromerig [boodskap #137141] So, 04 Julie 2021 15:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dromerig
Afbreking: dro•me•rig
Samestelling: droom + -erig


Byvoeglike naamwoord: dromerig
Vergrotende trap: dromeriger
Oortreffende trap: dromerigste
Attributief: dromerige
Partitief: dromerigs

Betekenis:
• Geneig tot dagdrome; afwesig van die werklikheid en in die gedagtes verdiep.
• Asof uit 'n droom; fantasties.

Gebruik:
• Die meisie met muisneste staar dromerig by die venster uit.
• Hy het 'n mooi glimlag en dromerige oë.

Sinoniem:
• afgetrokke
• afwesig
• ingedagte
• idealisties
• mymerend
• onprakties
• romanties
• slaperig

Afgelei:
• dromerigheid

Vertaling:
Engels: dreamy, far‐away; dreamlike
Nederlands: dromerig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: luislang
Volgende onderwerp: majestueus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 15:06:25 MGT 2024