Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kantien
kantien [boodskap #136866] Vr, 11 Junie 2021 12:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kantien
Afbreking: kan•tien


Selfstandige naamwoord: kantien
Meervoud: kantiene, kantiens
Verkleinwoord: kantientjie
Meervoud van verkleining: kantientjies

Betekenis:
• Plek wat goedkoop maaltye aan werkers verskaf.
• 'n Kroeg of drinkplek.
• 'n Kan/houer met handvatsel vir vloeistowwe.

Gebruik:
• Die soldate eet in die kantien.
• Die dronklap lê al weer in die kantien.
• Met die gereelde beurtkrag moet mens altyd 'n kantien petrol byderhand hou.

Sinoniem:
• blikhouer
• drinkplek
• kafeteria
• kroeg
• oog
• suipplek

Afgelei:
• blikkantien
• kantienbediende
• kantienhouer
• kantienure

Vertaling:
Engels: canteen
Nederlands: kantine

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nonsens
Volgende onderwerp: blikkantien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 16:40:05 MGT 2024