Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klapmus
klapmus [boodskap #136851] Do, 10 Junie 2021 12:09
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klapmus
Afbreking: klap•mus
Samestelling: klap + mus


Selfstandige naamwoord: klapmus
Meervoud: klapmusse
Verkleinwoord: klapmussie
Meervoud van verkleining: klapmussies

Betekenis:
• 'n Mus met oorklappe, of by uitbreiding 'n mus wat die hele gesig (behalwe die oë) bedek.

Gebruik:
• Sy trotseer die koue met 'n woljas, klapmus en handskoene.

Hiperoniem:
• hoofbedekking

Vertaling:
Engels: hooded hat
Nederlands: klapmuts

Nota:
• Die dorp Klapmuts het sy naam gekry omdat die bergie daar soos 'n matroos se klapmus lyk.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: welbehaaglik
Volgende onderwerp: koester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 18:20:48 MGT 2024