Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koester
koester [boodskap #136852] Do, 10 Junie 2021 14:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18815
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koester
Afbreking: koes•ter


Werkwoord: koester
Verlede tyd: het gekoester

Betekenis:
• Om liefderyk te vertroetel.

Gebruik:
Koester jou taal, jou kultuur en jou mense.

Spreekwoord:
• 'n Slang aan jou boesem koester. [n Skurk met weldade oorlaai.]
• Hy koester die adder aan sy bors. [Weldade bewys aan iemand wat dit met ondank sal vergeld.]

Sinoniem:
• aai
• omarm
• pamperlang
• versorg
• vertroetel

Afgelei:
• koestering

Vertaling:
Engels: to cherish, pamper
Nederlands: koesteren

'n Koester.
'n Koester.

Selfstandige naamwoord: koester
Meervoud: koesters
Verkleinwoord: koestertjie
Meervoud van verkleining: koestertjies

Betekenis:
• 'n Sangvoël van die genus Anthus.
• Die vis, Acanthistius sebastoides, endemies van Valsbaai tot by Durban.

Gebruik:
• 'n Koester is 'n vaal voëltjie, bruin-grys bolangs en ligter grys of bont onderlangs.
• Die visserman het 'n koester gevang.

Vertaling:
Engels: pipit
Nederlands: piepet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klapmus
Volgende onderwerp: opdringerig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 16:51:26 MGT 2024