Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jaarlikse aanmoediging: Idioomversameling
Jaarlikse aanmoediging: Idioomversameling [boodskap #13592] Sa, 28 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
idioom  is tans af-lyn  idioom
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Idiome - is hulle nie wonderlik nie? Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.

Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf wou hê, sodat
ek hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong vir 'n dag op 'n
slag kan kou.

'n Paar van die lekkerste repies idioombiltong is te siene op die webblad:
http://www.mbnet.mb.ca/~harms/idiome.html

Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Hoe kan ons die kaf van die koring skei?

Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende reëls voor:

1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom:" gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker.
3. Begin die boodskap met die idioom
4. 'n Verduideliking in soveel tale as wat tot jou beskikking is, kan
die pittigheid Afrikaans vir meer mense toeganklik maak.
5. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
6. Teken gerus met jou naam, of gee dan een of ander verwysing.
7. Vermy afjak en politiek.

Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige reëls op die internet,
net so kragtig as wat die gebruikers dit maak.

O
/\/
O (Bedink en getik deur Stefan Harms)
Re: Jaarlikse aanmoediging: Idioomversameling [boodskap #13593 is 'n antwoord op boodskap #13592] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nico heeft geschreven in bericht ...
> |
> | 1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
>
>
> Ek hou nogal van "plasing" ....
> Nico

Gebruiken jullie de term "bericht" nooit?
Arthur
Re: Jaarlikse aanmoediging: Idioomversameling [boodskap #13594 is 'n antwoord op boodskap #13592] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| 1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)

Ek hou nogal van "plasing" ....
Nico
Re: Jaarlikse aanmoediging: Idioomversameling [boodskap #13610 is 'n antwoord op boodskap #13592] So, 29 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in article
...
| Nico heeft geschreven in bericht
...
| >|
| >| 1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
| >
| >
| >Ek hou nogal van "plasing" ....
| >Nico
|
| Gebruiken jullie de term "bericht" nooit?
| Arthur
|
Ek is nie 'n kenner van akademiese Afrikaans nie, maar vir my beteken die
woord "berig" dieselfde as 'n artikel in 'n koerant.

Nico
Re: Jaarlikse aanmoediging: Idioomversameling [boodskap #13611 is 'n antwoord op boodskap #13592] So, 29 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
ja Arthur, ons gebruik die term "berig", maar nie in die selfde sin soos
die Nederlandse mense nie. posting=bericht maar posting is nie = berig
--
Antowan Nothling
Email: cybe...@netcafe.co.za
http://www.oocities.org/researchtriangle/9471/
http://www.xoom.com/Electroblaze/

Arthur Hagen wrote in article
...
> Nico heeft geschreven in bericht
...
>> |
>> | 1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
>>
>>
>> Ek hou nogal van "plasing" ....
>> Nico
>
> Gebruiken jullie de term "bericht" nooit?
> Arthur
>
Vorige onderwerp: Jy is die Adder aan my boesem.
Volgende onderwerp: "Bosmens" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:02:58 MGT 2024