Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aansteeklik
aansteeklik [boodskap #135793] So, 28 Februarie 2021 08:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18960
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aansteeklik
Afbreking: aan•steek•lik
Samestelling: aansteek + -lik


Byvoeglike naamwoord: aansteeklik
Vergrotende trap: aansteekliker
Oortreffende trap: aansteeklikste
Attributief: aansteeklike
Partitief: aansteekliks

Betekenis:
• Wat maklik van een mens na 'n ander oorgedra word.
• (figuurlik) Wat deur geesdrif en entoesiasme versprei.

Gebruik:
• Siektes soos verkoue, masels, kinkhoes en tuberkulose is aansteeklik.
• Die kinders se glimlaggies is aansteeklik.

Sinoniem:
• besielend
• besmetlik
• endemies
• epidemies
• inspirerend
• meevoerend
• oordraagbaar
• viraal

Afgelei:
• aansteeklikheid

Vertaling:
Engels: contagious, infectious; catchy
Nederlands: besmettelijk; aanstekelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sigaret
Volgende onderwerp: driekuns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 11:21:43 MGT 2024