Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skraal
skraal [boodskap #135723] Sa, 13 Februarie 2021 17:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19422
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skraal
Afbreking: skraal


Byvoeglike naamwoord: skraal
Vergrotende trap: skraler
Oortreffende trap: skraalste
Attributief: skraal (skrale)
Partitief: skraals
Intensief: rietskraal

Betekenis:
• Baie dun of maer (nie vet nie).
• Armsalig of minimaal.
• Onplesierig; koud en droog.

Gebruik:
• Ek hou van meisies wat darem nie te skraal is nie.
• Ná 'n stortvloed van terugslae staan die boere 'n skraal jaar in die gesig.
• Koud is die windjie, en skraal. [Winternag, Eugene Marais]

Sinoniem:
• benig
• dun
• maer
• plankdun
• slank
• smal
• tenger
• tengerig
• uitgeteer

Afgelei:
• skraalhans
• skraalheid
• skraalte
• verskraal

Vertaling:
Engels: thin, lean, slender; meagre, scanty, skimpy; dry, bleak, cold
Nederlands: schraal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalorie
Volgende onderwerp: kwadrupleeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 03:39:35 MGT 2024