Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » husse
husse [boodskap #135509] Ma, 25 Januarie 2021 11:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18903
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
husse
Afbreking: hus•se


Selfstandige naamwoord: hus
Meervoud: husse

Betekenis:
• Skertsende antwoord op 'n nuuskierige vraag met die betekenis: "dit gaan jou nie aan nie".

Gebruik:
• Wat is in die sak? Husse met lang ore!

Spreekwoord:
Husse met lang ore. ['n Onsinnige antwoord aan nuuskierige kinders.]

Vertaling:
Engels: curiosity killed the cat
Nederlands: hussen

Nota:
• Niemand weet vandag regtig wat husse is nie, maar dit verwys moontlik na klein dwergies met lang ore wat stout kinders verpes.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klippe
Volgende onderwerp: afsluk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 22:44:12 MGT 2024