Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voormiddag
voormiddag [boodskap #134754] Do, 26 November 2020 06:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voormiddag
Afbreking: voor•mid•dag
Samestelling: voor + middag


Selfstandige naamwoord: voormiddag
Meervoud: voormiddae
Verkleinwoord: voormiddaggie
Meervoud van verkleining: voormiddaggies

Betekenis:
• Enige tyd voor die middag (00:00 tot 11:59), maar meer algemeen laatoggend (~9:00 tot 11:59).
• (ongewoon) Die tyd net na middag (na 12:00); vroegmiddag.

Gebruik:
• 'n Mens kan na die son se skaduwees kyk om te bepaal of dit voormiddag of namiddag is.
• Die Nederlanders praat van voormiddag as die tyd na middag, wat die mense in België en Suid-Afrika vreeslik verwar.

Antoniem:
• namiddag

Afkorting:
• vm.

Afgelei:
• voormiddagdiens
• voormiddagtee

Vertaling:
Engels: forenoon, morning
Nederlands: voormiddag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vertoonkas
Volgende onderwerp: wildsbok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 14:38:53 MGT 2024