Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stort
stort [boodskap #134684] So, 22 November 2020 06:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stort.
'n Stort.
stort
Afbreking: stort


Werkwoord: stort
Verlede tyd: het gestort

Betekenis:
• Van 'n hoogte na benede val.
• Staande onder water was; 'n stortbad neem.
• Geld in 'n rekening inbetaal.

Gebruik:
• Die waterval stort 12 meter na benede.
• Ek stort eerder voordat ek bad.
• Hy stort maandeliks 'n bedrag in sy spaarrekening.

Spreekwoord:
• Dit stort in duie. [Dit misluk; raak tot niet.]
• Iemand in die ongeluk stort. [Iemand ten gronde laat gaan.]

Afgelei:
• neerstort
• stortbui
• storting
• stortreën
• stortterrein
• uitstort

Vertaling:
Engels: to spill, shed, pour, fall, rush, dump; shower; deposit
Nederlands: storten


Selfstandige naamwoord: stort
Meervoud: storte
Verkleinwoord: stortjie
Meervoud van verkleining: stortjies

Betekenis:
• Hokkie waar mens jouself staande onder vallende water was.

Gebruik:
• Is hier 'n badkamer met 'n stort?

Afgelei:
• stortbad
• stortgeriewe

Vertaling:
Engels: shower
Nederlands: stort

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: raakloop
Volgende onderwerp: grondboontjiebotter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:07:19 MGT 2024