Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » speek
speek [boodskap #134361] Sa, 31 Oktober 2020 07:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wiel met speke.
'n Wiel met speke.
speek
Afbreking: speek


Selfstandige naamwoord: speek
Meervoud: speke
Verkleinwoord: spekie
Meervoud van verkleining: spekies

Betekenis:
• Staaf wat die middelpunt van 'n wiel met die omtrek verbind.

Gebruik:
• Een van die wiel se speke het gebreek.

Spreekwoord:
• 'n Speek in die wiel steek. [Belet dat iets gebeur.]
• Daar is 'n speek los. [Daar is iets verkeerd.]
• Die onderste speek kom ook bo. [Elke mens kry sy kans.]

Afgelei:
• speekbeen
• speekboom
• speekhout
• speeklos

Vertaling:
Engels: spoke
Nederlands: speek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verskuiwing
Volgende onderwerp: onwelvoeglik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:27:59 MGT 2024