Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onwelvoeglik
onwelvoeglik [boodskap #134362] Sa, 31 Oktober 2020 08:13
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18627
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onwelvoeglik
Afbreking: on•wel•voeg•lik
Samestelling: on- + welvoeglik


Byvoeglike naamwoord: onwelvoeglik
Vergrotende trap: onwelvoegliker
Oortreffende trap: onwelvoeglikste
Attributief: onwelvoeglike
Partitief: onwelvoegliks

Betekenis:
• Wat onvanpas is vir die geleentheid; nie netjies of beleef nie; nie soos dinge hoort te wees nie.

Gebruik:
• Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie... [I Korinthiërs 13:4-5]

Sinoniem:
• aanstootlik
• onfatsoenlik
• onbehoorlik
• ongepas
• onbetaamlik
• skaamteloos

Antoniem:
• welvoeglik

Vertaling:
Engels: indecent, improper, inappropriate, undesired
Nederlands: onwelvoeglijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: speek
Volgende onderwerp: kambro
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:13:26 MGT 2024