Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HNP-Kongres: Bied as Bittereinders Weerstand!
HNP-Kongres: Bied as Bittereinders Weerstand! [boodskap #13427] Sa, 21 Maart 1998 00:00
HNP-Kongres  is tans af-lyn  HNP-Kongres
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
HERSTIGTE NASIONALE PARTY29ste JAARKONGRES20 & 21 MAART 1998

Persverklaring

E-pos: kon...@hnp.org.za
http://www.hnp.org.za

Tyd: 21 Maart 1998 11:15

Aantal Bladsye: 3

Alle hierdie verklarings is ook op die internet beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/kongres98/

Bied as Bittereinders Weerstand!

Soos die Bittereinders tydens en na die Engelse Oorlog geweier het om in
die gedwonge vrede te berus, so mag ons vandag nie daarin berus dat ons
vryheid ons onregmatiglik en deur verraad ontneem is nie. Soos die
Bittereinders weerstand teen die vreemde oorheersing gebied het, so moet
ons as draers van die gees van die Bittereinders teen die nuwe vreemde
oorheersers weerstand bied. Dit is die kern van die boodskap van dr
Pieter Möller en mnr Leon Strydom aan die 29e Jaarkongres van die
Herstigte Nasionale Party in Pretoria.

Dr Möller het daarop gewys dat na die verowering van Bloemfontein en
Pretoria deur die Britse magte onder genl Roberts, daar groot
moedeloosheid onder talle burgers van die Republieke posgevat het. Van
hulle het oorgegee, etlike duisende van hulle het selfs na die vyand
oorgeloop en is word tereg as verraaiers gebrandmerk. Daar was ook
diegene wat wou onderhandel en dit ook gedoen het. Maar dan was daar die
Bittereinders – hulle wat eerder in sak en as in vryheid wou lewe as om
voorspoed in onderwerping te aanvaar. Onder hulle tel die jeugdige pres
M T Steyn, Genls de Wet, de la Rey, Kemp, Hertzog, Maritz en talle
ander, en veral die duisende burgers wat tot die einde van die oorlog
toe volhard het. Uiteindelik was dit hulle self en later hulle gees wat
die stryd om vryheid en reg laat voortduur het.

Hoewel die verraad en oorgawes deur die lafhartiges telkens groot
terugslae vir die Boeremagte beteken het, het dit die voordeel van
suiwering gehad. Die Bittereinders het geweet dat hulle op mekaar kon
staatmaak. Daarom het pres Steyn kort voor die vredesonderhandelinge hom
daartéén uitgespreek omdat die oorgeblewe burgers geharde veterane was
wat in elk geval alles verloor het en daarom net terwille van die
vryheid van land en volk die stryd voortgesit het.

Hierdie Bittereinders het hulle nie aan Roberts en Kitchener se
proklamasies en dreigemente en valse beloftes gesteur nie, maar in vaste
geloof in die reg van hulle saak die guerillastryd aangepak en
voortgesit. Darmee het hulle nie net die agting van ander volke verwerf
nie, maar selfs van die Engelse offisiere en manskappe van wie talle nie
met Kitchener se metodes saamgestem het nie. Die vroue in die kampe en
die krygsgevangenes oorsee moet by die Bittereinders in die veld getel
word omdat hulle almal bereid was om selfs hulle lewens op te offer en
dit in duisende getel ook gedoen het.

Mnr Strydom het beklemtoon dat weerstand die guerillastryd van ons tyd
moet kenmerk. Weerstand beteken dat jy jou teenoor die ander party stel.
Op sy beurt bring dit mee dat jy nie terselfdertyd met die ander party
kan saamgaan of aan sy bedeling kan meedoen nie. In die huidige situasie
beteken dit dat ons nie aan enige verkiesings van die huidige bedeling
mag deelneem nie, sodat ons geen deel aan hulle het nie.

Wie weerstand teen die bedeling bied, onderskei hom van ander
groeperinge wat met die bedeling saamwerk. Daarom staan die HNP teenoor
alle ander groeperinge omdat hy die enigste party is wat ondubbelsinnig
hom van die verkiesings en ander staatkundige berywighede van die
huidige bedeling weerhou. Daarmee het die Herstigte Nasionale Party ‘n
weerstandsbeweging geword wat die gees van die Bittereinders dra en
uitdra.

Die Afrikanervolk het klaar getrek – nou trek ons laer. Uit ons laer sal
ons in die gees van die Bittereinders 'n politieke guerillastryd voer
totdat ons ons vryheid in ons land herwin het. Die HNP staan
onverbiddelik op die standpunt: Dié land is óns land! Binne die laer wat
ons trek, moet alle Afrikaner-Bittereinders saamgetrek word om die stryd
voort te sit totdat ons ons vryheid herwin het.

DR PIETER VAN DER DUSSEN
Kongreswoordvoerder
21 Maart 1998
Vorige onderwerp: Skuldegevoelens (Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?)
Volgende onderwerp: Die slapende reus van die Muskokas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 18:09:54 MGT 2024