Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skuldegevoelens (Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?)
Skuldegevoelens (Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?) [boodskap #13423] Sa, 21 Maart 1998 00:00
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Twee maande later is jy by 'n dinner party. Daar is 'n swart
> prokureur. In die gesprek vra hy jou - "dink julle Afrikaners julle
> het verkeerd gemaak?" Wat se jy?

My antwoord sou gewees het dat ek nie namens ander
Afrikaners kan praat nie, maar slegs namens myself. Ek
het geen skuldgevoelens nie.

Mens kan die hele storie oor skuldgevoelens in drie
katagorieee opdeel.

a.) Elke individu kan self besluit of die iets verkeerds
gedoen het. Indien so optrede 'n misdaad volgens die
land se wet was, is dit die taak van die regstelsel om
dit uit te vind en te straf. In so vere mens teenoor
enigiemand verkeerd opgetree het sonder om die wet
te oortree is dit (volgens my) 'n saak tussen so persoon
en God met die gepaargaande skuldgevoelens.

b.) Dat die vorige regering verkeerd opgetree het is alom
bekend, maar mens kan nie verwag dat almal hiervoor
verantwoordelikheid moet aanvaar nie. In die eerste plek
het mens nie noodwendig vir daardie regering gestem nie
en self wanneer mens vir 'n regering stem het mens nie
die vermoe" om te weet wat hulle gaan aanvang nie. In
hierdie opsig faal hierdie regeringsvorm om ware demokrasie
te implimenteer.

c.) Mens kan beweer dat die Afrikaner as kultuurgroep
gefouteer het, maar ek wil aanvoer dat hierdie kultuurgroep
reeds lank terug al vrede gemaak het met hierdie aspek.
Mens kan nie die hele kultuurgroep verantwoordelik hou
vir enkelinge se weerbarstigheid nie.

Hoekom sêek dat die Afrikaner lankal hiermee vrede
gemaak het? Wel dis nogal interessant. Toe ek
grootgeword het en skool gegaan het was die algemene
paradigma onder Afrikaners dat Apartheid reg is en dan
ons onregmatig deur die buiteland onderdruk word. Toe
ek universiteit kom het die gevoelens in die land begin
draai. Mense het hulself begin afvra of hierdie dinge nou
regtig reg is. Teen die tyd dat de Klerk die veranderinge
begin implimenteer het, het die gevoel van die land klaar
gedraai, want toe hy in 'n referendum vra of hy daarmee
moet voortgaan het hy 'n oorweldigende JA-antwoord
gekry. Hierdie uitslag het duidelik getoon dat die paradigma
verander het. Daar het 'n "gestalt-switch" (sp?) plaasgevind.
Dus het die Afrikaners daar reeds besef dat dinge verkeerd
was en hulle het begin om die dinge reg te maak.

Maar dis nou alles geskiedenis. 'n Baie meer aktuele vraag is:
gaan die Afrikaners as kultuurgroep oorleef? Of gaan die
diaspora, die kulturele druk waaronder die Afrikaner in Suid
Afrika verkeer en die misplaasde skuldgevoelens van sommige
Afrikaners daartoe lei dat die kultuur en taal mettertyd
verdwyn. Nou is dit nie meer 'n kwessie van wie is verkeerd
en wie is reg nie. Dis nou 'n stryd vir oorlewing. Op grond van
wat gesê word oor die WVK (insluitend die verskynsel se
bewering dat dit die laaste skote in 'n burgeroorlog is) lyk
dit my dat die WVK se motiewe nie soseer is om die
"waarheid" te wete te kom nie, maar eerder om as wapen
gebruik te word om die Afrikaanse taal en kultuur tot niet
te maak.

Die sterk kritiek wat die WVK uit Afrikaanse geledere kry
moet dus gesien word as 'n vorm van verdediging en nie
as 'n ontkenning dat Apartheid verkeerd was nie.

>
> Wat my betref, as ek dit vol in die gesig kyk dat ons opgefok het en
> as ek dit een keer erken het, vat dit niks van my om dit weer te erken
> nie. Die volgende erkenning word dan in vryheid en verlos van die
> verlede gedoen.

Ferdi, ek ken nou nie jou geskiedenis nie, maar dit lyk my
jy was te naby aan die vuur toe dinge verkeerd geloop
het. Nou lei jy aan bomskok.

Stef
Vorige onderwerp: HNP-Kongres: Terroristeoorlog teen die Afrikaner duur voort
Volgende onderwerp: HNP-Kongres: Bied as Bittereinders Weerstand!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 20:42:46 MGT 2024