Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HNP-Kongres: Terroristeoorlog teen die Afrikaner duur voort
HNP-Kongres: Terroristeoorlog teen die Afrikaner duur voort [boodskap #13415] Sa, 21 Maart 1998 00:00
HNP-Kongres  is tans af-lyn  HNP-Kongres
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Verklaring deur die Herstigte Nasionale Party van Suid-Afrika Tydens die
Kongres gehou op 20 en 21 Maart 1998

Meer inligting by http://www.hnp.org.za/kongres98/

Terroristeoorlog teen die Afrikaner duur voort

Die Afrikanervolk moet tot die besef gebring word dat die oorlog teen
hom voortduur. Die sogenaamde misdaadvlaag is in werklikheid ‘n
voortsetting van die terroristeaanslag op ons volk. So het mnr Sydney
Gregan op die Kongres van die Herstigte Nasionale Party in die
Akasiastadsaal gesê.

Volgens mnr Gregan is die mense wysgemaak dat 'n groot vrede in 1994 oor
ons land neergedaal het en dat die toestand veel erger sou gewees het as
daar nie veranderinge plaasgevind het nie. Daar moet egter besef word
dat die huidige bestel daarop gerig is om die Afrikaner te vernietig.
Dit laat die moeilike taak om ons volk in te lig dat die oorlog teen ons
voortduur, ook al is dit op 'n ander wyse as voorheen. Die woorde van
Milner geld ook vandag: It is war by other means, but war it remains.

Mnr Gregan het daarop gewys dat terrorisme net kan gedy as die owerheid
swak is. Hy het statistiek oor moord en verkragting in Suid-Afrika
verstrek en aangedui dat min gevalle op straf uitloop. Dit is die taak
van die owerheid om beskerming en orde vir die bevolking daar te stel.
Die doeltreffendheid van 'n owerheid word daaraan gemeet.

Suid-Afrika is nou in die tweede fase van die rewolusie op weg na ‘n
Kommunistiese staat. In die oë van die huidige bestel is Suid-Afrika nog
gladnie bevry nie en moet die fighting mood van die massas tot uiting
kom. Kill a farmer, kill a boer is 'n oproep om die daad by die woord te
voeg.

Volgens mnr Gregan besef ons nie in watter benarde toestand ons ons
bevind nie. Dit is in die woorde van 'n Namibiese regter nie meer ‘n
kwesie van orde én vryheid of miskien orde mét vryheid nie – dit is ‘m
kwessie van anargie sonder vryheid en sonder orde.

Dit bring die vraag na vore van gehoorsaamheid aan en verdraagsaamheid
teenoor die huidige bestel. Verdraagsaamheid teenoor 'n God-lose
owerheid is volgens mnr Gregan 'n verskoning vir lafhartigheid. Oorlog
moet met oorlog bestry word, en die sogenaamde vrede wat tans heers, is
geen vrede nie maar oorlog teen die Afrikanervolk.

Mnr Gregan en sy sekondant, mnr Hennie Scholtz, het 'n beroep op die
Kongres te doen om vas te staan in geloof op die Drie-enige God. Vanuit
hierdie geloof kan die Afrikanervolk die oorlog teen hom op so 'n wyse
en met soveel krag beantwoord dat hy sy vryheid en sy land kan terugwen.
Wie in die geloof lewe en stry, hoef geen twyfel oor die uitslag van sy
stryd te hê nie.

DR P E VAN DER DUSSEN
Kongreswoordvoerder
20 Maart 1998
Vorige onderwerp: HNP-Kongres: Mnr Jaap Marais weer tot leier verkies
Volgende onderwerp: Skuldegevoelens (Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 00:41:07 MGT 2024