Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boikot
boikot [boodskap #134142] So, 18 Oktober 2020 07:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
boikot
Afbreking: boi•kot


Selfstandige naamwoord: boikot
Meervoud: boikotte

Betekenis:
• Veldtog waartydens ondersteuning weerhou en deelname geweier word.

Gebruik:
• Die boikot het die restaurant tot op sy knieë gedwing.

Afgelei:
• boikotaksie
• boikotbeleid
• boikotbeweging
• boikotter

Vertaling:
Engels: boycott
Nederlands: boycot


Werkwoord: boikot
Verlede tyd: het geboikot

Betekenis:
• Uitsluit deur ondersteuning te weerhou of deelname te weier.

Gebruik:
• Klante boikot die winkelgroep nadat hulle onregmatige optrede aan die lig gekom het.

Vertaling:
Engels: to boycott
Nederlands: boycotten

Nota:
• Afgelei van die Ierse kaptein Charles Boycott wat in 1879 weens hoë huur deur die gemeenskap geïsoleer is.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sepie
Volgende onderwerp: sarkasme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 18:42:50 MGT 2024