Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sepie
sepie [boodskap #134141] So, 18 Oktober 2020 06:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sepie
Afbreking: se•pie


Selfstandige naamwoord: sepie
Meervoud: sepies

Betekenis:
• Melodramatiese TV-reeks met sentimentele inhoud wat in 'n eindelose aantal episodes verdeel is.

Gebruik:
• Van watter sepie hou jy die meeste: Binnelanders of Getroud met Rugby?

Sinoniem:
• strooisage

Afgelei:
• sepieskrywer

Vertaling:
Engels: soapie, soap opera
Nederlands: soapserie


Selfstandige naamwoord: seep
Meervoud: sepe
Verkleinwoord: sepie
Meervoud van verkleining: sepies

Betekenis:
• 'n Klein seep, stof waarmee gewas en skoongemaak word.

Gebruik:
• Langs die bad was 'n houer vol kleurvolle sepies.

Vertaling:
Engels: small soap
Nederlands: zeepje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wragtig
Volgende onderwerp: boikot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:43:43 MGT 2024