Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beira
Beira [boodskap #121136] Vr, 23 November 2018 17:50 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beira is 'n hawe in Mosambiek aan die monding van die Pungwerivier, vernoem na die voormalige provinsie Beira, in Portugal. In 1892 gestig met die bou van die spoorweg na die nuwe kolonie, Suid-Rhodesië. Die terrein, feitlik 'n moddervlak, was deur koors geteister, maar die spoorweg is kort voor die einde van die eeu suksesvol voltooi. Sedertdien het Beira tot 'n belangrike seehawe ontwikkel, wat 'n groot deel van die in- en uitvoer van Zimbabwe (Rhodesië) hanteer, veral dié van die koperstreek. Dit is ook 'n gewilde vakansie-oord vir Zimbabwiërs. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 50,000 (11,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Beira [boodskap #133489 is 'n antwoord op boodskap #121136] Sa, 12 September 2020 14:58 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beira is 'n stad en hawe aan die mond van die rivier Pungwe in Mosambiek. Dit is die land se tweede grootste hawe na Maputo (vroeër Lourenço Marques) en is ongeveer 705 myl per skip vanaf Durban. Dit is die terminus van spoorweë uit Zambië (Noord-Rhodesië) en Zimbabwe (Suid-Rhodesië).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beiere
Volgende onderwerp: Beiroet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:55:04 MGT 2024