Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beiere
Beiere [boodskap #133488] Sa, 12 September 2020 14:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Beiere, amptelik die Vrystaat Beiere, is die grootste deelstaat van Duitsland wat die hele suidooste van die land beslaan. Die hoofstad is München. Die Beierse Alpe bereik hul grootste hoogte in die Zugspitze, die hoogste berg in Duitsland. Beiere lê hoofsaaklik in die stroomgebied van die Donau en die Main en is grotendeels bergagtig, met digte dennebosse; produseer hout, graan, vee, sout, steenkool. yster, ens. Ligte nywerhede is belangrik, asook masjienbou; maar dis veral 'n landbouland. Beiere was in die Middeleeue 'n magtige hertogdom en van 1806 tot 1918 was dit 'n koninkryk.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Behring, Emil A. von
Volgende onderwerp: Beira
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:07:07 MGT 2024