Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » politiek
politiek [boodskap #133348] So, 06 September 2020 08:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
politiek
Afbreking: po•li•tiek


Selfstandige naamwoord: politiek
Meervoud:

Betekenis:
• Die proses en metode van besluitneming vir groepe mense; beleid en manier van optree; handelswyse.

Gebruik:
• Ek het alle vertroue in die politiek verloor!
• Alhoewel politiek gewoonlik op regerings toegepas word, word dit in alle menslike groepinteraksie gevind, insluitend korporatief, akademies en religieus.

Spreekwoord:
• Daar soveel van weet soos 'n vark van politiek. [Heeltemal niks daarvan weet nie.]

Afkorting:
• pol.

Afgelei:
• volstruispolitiek

Verwant:
• politiekery
• polities

Vertaling:
Engels: politics
Nederlands: politiek


Byvoeglike naamwoord: politiek
Attributief: politieke

Betekenis:
• Betreffende die politiek.

Gebruik:
• Sinn Fein is die politieke vleuel van die IRA.

Vertaling:
Engels: political
Nederlands: politiek

Nota:
• Van Grieks: Πολιτικά politiká, letterlik "van, vir, of met betrekking tot die stad/staat".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderarm
Volgende onderwerp: polinoom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:32:00 MGT 2024