Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » joernaal
joernaal [boodskap #133341] So, 06 September 2020 07:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
joernaal
Afbreking: joer•naal


Selfstandige naamwoord: joernaal
Meervoud: joernale
Verkleinwoord: joernaaltjie
Meervoud van verkleining: joernaaltjies

Betekenis:
• Boek waarin daaglikse gebeure opgeteken word; dagboek; logboek.
• Publikasie wat die skrywes van verskeie mense bevat.

Gebruik:
• Hy het 'n joernaal van sy reise bygehou.
• Die Genootskap van Regte Afrikaners het vanaf 15 Januarie 1876 'n joernaal, genaamd Die Afrikaanse Patriot gepubliseer.

Afgelei:
• joernaalaand
• joernaalboek
• joernaalhouer
• joernaalinskrywing
• joernaalprogram
• radiojoernaal
• reisjoernaal
• sportjoernaal
• skeepsjoernaal

Vertaling:
Engels: diary, logbook; journal
Nederlands: journaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofvrou
Volgende onderwerp: ledemaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:47:58 MGT 2024