Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gieter
gieter [boodskap #133251] So, 30 Augustus 2020 07:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gieter.
'n Gieter.
gieter
Afbreking: gie•ter


Selfstandige naamwoord: gieter
Meervoud: gieters
Verkleinwoord: gietertjie
Meervoud van verkleining: gietertjies

Betekenis:
• Waterkan met 'n handvatsel en 'n buisvormige tuit met sproeier aan die voorpunt om plante nat te lei.
• Iets of iemand wat iets giet.

Gebruik:
• Hy gooi water in die gieter om die potplante nat te gooi.
• Die gieter gooi die gesmelte metaal in die gietvorm in.

Sinoniem:
• spuitkan
• waterkan

Afgelei:
• gieterkop
• gieteroor
• gietertuit
• gietery
• loodgieter

Vertaling:
Engels: watering can; caster
Nederlands: gieter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fisika
Volgende onderwerp: genoom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:57:14 MGT 2024