Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grootmaak
grootmaak [boodskap #132963] Vr, 21 Augustus 2020 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18984
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grootmaak
Afbreking: groot•maak
Samestelling: groot + maak
Uitspraak: /grootmaak/


Werkwoord: maak groot, grootmaak
Verlede tyd: het grootgemaak
Teenwoordige deelwoord: grootmakende

Betekenis:
• 'n Kind versorg tot hy groot en selfstandig is.

Gebruik:
• Die grootmaak van kinders is 'n duur en uitdagende proses.

Spreekwoord:
• Iemand vir die galg grootmaak. ['n Kind in ondeug laat opgroei.]
• Hans grootmaak. [Om 'n lam, kalf of ander dier uit die hand en sonder sy moeder groot te maak.]

Sinoniem:
• opvoed

Afgelei:
• grootmaakkoste

Vertaling:
Engels: to raise
Nederlands: opvoeden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: billik
Volgende onderwerp: vertikaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:18:23 MGT 2024