Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dophou
dophou [boodskap #132694] Wo, 12 Augustus 2020 18:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19271
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dophou
Afbreking: dop•hou
Samestelling: dop + hou
Uitspraak: /ˈdɔp.ɦœu̯/


Werkwoord: hou dop, dophou
Verlede tyd: het dopgehou
Teenwoordige deelwoord: dophoudende

Betekenis:
• Die oë op iets gerig hou.

Gebruik:
• Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. [Prediker 11:4]

Sinoniem:
• gadeslaan
• loer
• toekyk
• toesien
• waarneem

Vertaling:
Engels: to keep an eye on, observe, watch
Nederlands: observeren, in de gaten houden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: homp
Volgende onderwerp: beeldsend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 17:20:12 MGT 2024