Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » metonimia
metonimia [boodskap #132056] Vr, 10 Julie 2020 11:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
metonimia
Afbreking: me•to•ni•mia


Selfstandige naamwoord: metonimia
Meervoud: metonimias

Betekenis:
• Die beskrywing van iets met 'n konsep of beeld wat daarmee verband hou. Daar word dus eerder na 'n geassosieerde konsep verwys.

Gebruik:
• "Die land staan bankvas agter die groen en goud", is 'n voorbeeld van metonimia.
• Voorbeelde van metonimia: "Die hele saal het hom toegejuig" (dis eintlik die mense in die saal wat dit doen) en "Die ketel kook" (dis eintlik die water in die ketel wat kook).

Wisselvorm:
• metonimie

Vertaling:
Engels: metonimia, metonymy
Nederlands: metonimia, metonymie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: besoeker
Volgende onderwerp: meelblom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 20:36:44 MGT 2024