Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » adellike
adellike [boodskap #131503] Ma, 08 Junie 2020 14:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adellike
Afbreking: a•del•li•ke


Selfstandige naamwoord: adellike
Meervoud: adellikes

Betekenis:
• 'n Edele van die adelstand.

Gebruik:
• Die adellikes se kinders is met die goue of silwerlepel in die mond gebore.

Antoniem:
• plebejer

Hiponiem:
• baron
• barones
• graaf
• gravin
• hertog
• ridder
• sir

Vertaling:
Engels: noble
Nederlands: edele


Byvoeglike naamwoord: adellik
Attributief: adellike

Betekenis:
• Soos 'n edele persoon of betreffende die adelstand.

Gebruik:
• Die mense van adellike geboorte dink mos hulle is beter as ons.

Afgelei:
• adellikheid

Vertaling:
Engels: noble
Nederlands: adellijke

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: defek
Volgende onderwerp: markplein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:39:39 MGT 2024