Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bloei
bloei [boodskap #131499] So, 07 Junie 2020 18:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rugbyspeler wat bloei.
'n Rugbyspeler wat bloei.
bloei
Afbreking: bloei


Werkwoord: bloei
Verlede tyd: het gebloei
Teenwoordige deelwoord: bloeiende

Betekenis:
• (anatomie) Bloed uit 'n mens of dier laat vloei.
• (figuurlik) Iets betreur.
• (plantkunde) Om blomme te vorm; bloeisels te dra.
• (figuurlik) Goed ontwikkel en groei; 'n bloeitydperk deurmaak.

Gebruik:
• My neus bloei.
• My hart bloei vir die arme wesies.
• Die perskebome bloei in die lente.
• In die 1960's het Suid-Afrika se ekonomie gebloei.

Vertaling:
Engels: to bleed; to bloom, flourish, blossom, flower; to flourish, prosper
Nederlands: bloeien

Die bloeisels van 'n appelboom.
Die bloeisels van 'n appelboom.

Selfstandige naamwoord: bloei
Meervoud:

Betekenis:
• Vol bloeisels.

Gebruik:
• Die boorde is in volle bloei.

Afgelei:
• bloeiknop
• bloeimaand
• bloeiperiode
• bloeisel
• bloeiskerm
• bloeisteel
• bloeityd
• bloeiwyse

Vertaling:
Engels: bloom
Nederlands: bloei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blaai
Volgende onderwerp: eland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:42:00 MGT 2024