Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eland
eland [boodskap #131500] So, 07 Junie 2020 19:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaapse elande.
'n Kaapse elande.
Europese elanade.
Europese elanade.
eland
Afbreking: e•land
Uitspraak: /ˈɪə̯.lant/


Selfstandige naamwoord: eland
Meervoud: elande
Verkleinwoord: elandjie
Meervoud van verkleining: elandjies

Betekenis:
• 'n Groot wildsbok op die grasvlaktes van Oos- en Suider-Afrika, Taurotragus oryx.
• 'n Groot bok uit die poolstreke met 'n opvallende groot en breë vertakte gewei, Alces alces.

Gebruik:
• Die eland se skouerhoogte is ongeveer 2 meter en hulle weeg van 300 tot 1000 kg.
• In Kanada word elande dikwels raakgery wanneer hulle oor die paaie loop.

Hiperoniem:
• wildsbok

Afgelei:
• elandbul
• elandkoei

Vertaling:
Engels: eland; elk, moose
Nederlands: elandantilope; eland

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloei
Volgende onderwerp: gelykmatig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 14:24:08 MGT 2024