Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plooi
plooi [boodskap #131423] Wo, 27 Mei 2020 20:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Man met 'n gelooide gesig.
Man met 'n gelooide gesig.
plooi
Afbreking: plooi


Selfstandige naamwoord: plooi
Meervoud: plooie
Verkleinwoord: plooitjie
Meervoud van verkleining: plooitjies

Betekenis:
• 'n Golwing of rimpeling in dierlike of plantaardig weefsel.
• 'n Rimpeling wat ontstaan as materiaal gevou word.
• (geologie) Golwing in 'n aardlaag of in gesteente.

Gebruik:
• Die ou vrou se gesig is in plooie getrek.
• Sy stryk die plooie uit die verkreukelde rok.
• 'n Monoklien is 'n trapsgewyse plooi in rotslae.

Spreekwoord:
• 'n Goeie plooi aan iets gee. [Dit aanneemlik voorstel.]

Afgelei:
• plooibaar
• plooidal
• plooierig
• plooiing
• plooiloos
• plooirok
• plooisel

Vertaling:
Engels: wrinkle, crease, fold, plait
Nederlands: plooi


Werkwoord: plooi
Verlede tyd: het geplooi

Betekenis:
• Die handeling van plooie maak.

Gebruik:
• Nóú raak ons ouer, die jare plooi om ons hoofde, op ons lyf...

Vertaling:
Engels: to fold, crease, pleat, wrinkle
Nederlands: plooien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seekastaiing
Volgende onderwerp: roeiboot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 19:34:38 MGT 2024