Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lawaaiwater
lawaaiwater [boodskap #130700] Ma, 06 April 2020 19:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lawaaiwater
Afbreking: la•waai•wa•ter
Samestelling: lawaai + water


Selfstandige naamwoord: lawaaiwater
Meervoud:

Betekenis:
• Sterk alkoholiese drank.

Gebruik:
• Stadig met die lawaaiwater!
• Tee sal lekker wees, veral as jy 'n knertsie lawaaiwater ingooi, my keel is drooggepraat.

Spreekwoord:
• Hy het lawaaiwater gedrink. [Iemand is besope.]

Vertaling:
Engels: booze, liquor, spirits
Nederlands: sterke drank

Nota:
• Dronk mense is gewoonlik luidrugtig en sorg vir 'n groot lawaai.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: besmet
Volgende onderwerp: skerpskertser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:40:19 MGT 2024