Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vadoek
vadoek [boodskap #130613] Do, 02 April 2020 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19010
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vadoek
Afbreking: va•doek


Selfstandige naamwoord: vadoek
Meervoud: vadoeke
Verkleinwoord: vadoekie
Meervoud van verkleining: vadoekies

Betekenis:
• Lap of doek waarmee iets (soos skottelgoed) gewas of afgedroog word.

Gebruik:
• Dit irriteer my grensloos as my man sy hande aan dieselfde vadoek afvee as waarmee ons die skottelgoed afdroog.

Wisselvorm:
• vaatdoek

Sinoniem:
• skottelgoedlap
• waslap

Verwant:
• afdroogdoek
• afdrooglap

Spelfout:
• vatdoek

Vertaling:
Engels: dish cloth, face cloth, wash-cloth
Nederlands: vaatdoek

Nota:
• Geassimileerde vorm van die Nederlandse "vaatdoek", waar "vaat" na vuil skottelgoed verwys.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrieskas
Volgende onderwerp: waspoeier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 00:21:09 MGT 2024