Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tang
tang [boodskap #130581] Di, 31 Maart 2020 12:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19071
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tang.
'n Tang.
tang
Afbreking: tang


Selfstandige naamwoord: tang
Meervoud: tange
Verkleinwoord: tangetjie
Meervoud van verkleining: tangetjies

Betekenis:
• Gereedskap wat soos 'n skêr werk, maar waarmee 'n mens iets vasgryp of -knyp.

Gebruik:
• Hy trek die spyker met 'n tang uit die muur uit.

Spreekwoord:
• 'n Mens kan hom nie met 'n tang aanraak nie. [Hy is baie vuil.]
• Soos 'n tang op 'n otjie. [Sonder om 'n indruk te maak.]

Sinoniem:
• knyptoestel
• knypgereedskap

Afgelei:
• braaitang
• draadtang
• knyptang
• krombektang
• krultang
• skerpbektang
• spitsbektang

Vertaling:
Engels: pliers, pincers, tongs
Nederlands: tang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lening
Volgende onderwerp: bry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 16:43:38 MGT 2024