Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Naam van 'n boom?
Naam van 'n boom? [boodskap #12959] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand vir my die naam gee van 'n boom wat in
Suid-Afrika gebruik word vir mynstutte. Ek dink dis
'n lid van die mimosa-familie, en ek dink hulle kweek
dit teen die hange van die berge wat die Laeveld van
die Ho"eveld skei. Ek dink dis ook die soort hout
waarvan die pulp uitgevoer word na Kanada vir die
maak van rayon.Sover ek kan onthou het dit fyn
blaartjies en geel klossies vir blomme.

Gloudina Bouwer
Re: Naam van 'n boom? [boodskap #12994 is 'n antwoord op boodskap #12959] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: > Gloudina
>
> Ek dink jy dink aan die Swartwattel, Acacia mearnsii, wat oorspronklik van
> Australië ingevoer is. Die bas is gebruik in leerlooiery. Dit het 'n
> absolute pes geword, en pogings word nou aangewend om hom uit te roei. Dit
> dien ook as werkskeppings- en watervoorsiening projekte.
>
> Deesdae word hoofsaaklik gebruik gemaak van bloekomstutte, Eucalyptus spp.
> Wattel groei te krom en skeef om effektiewe mynstutte te maak.
>
> Groete
>
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'

Dankie vir die naam. Dit is wat ek
probeer onthou het.

Gloudina
Re: Naam van 'n boom? [boodskap #13029 is 'n antwoord op boodskap #12959] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Sover as wat ek weet gebruik hulle bloekom pale as mynstutte. Hier by ons
is 'n groot depot van HL&H waar hulle stutte vergader voor dit na die Rand
gestuur word en dit is alles bloekom.

@igs.net wrote in message ...
>
> Kan iemand vir my die naam gee van 'n boom wat in
> Suid-Afrika gebruik word vir mynstutte. Ek dink dis
> 'n lid van die mimosa-familie, en ek dink hulle kweek
> dit teen die hange van die berge wat die Laeveld van
> die Ho"eveld skei. Ek dink dis ook die soort hout
> waarvan die pulp uitgevoer word na Kanada vir die
> maak van rayon.Sover ek kan onthou het dit fyn
> blaartjies en geel klossies vir blomme.
>
> Gloudina Bouwer
Re: Naam van 'n boom? [boodskap #13057 is 'n antwoord op boodskap #12959] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dis oor die algemeen 'n doodgewone ou bloekomboom ('blue gum') of 'n
wattelboom ('wattle' of 'gum') Almal natuurlik uitheemse bome.

Dries Venter
Pretoria
@igs.net wrote in article ...
>
> Kan iemand vir my die naam gee van 'n boom wat in
> Suid-Afrika gebruik word vir mynstutte. Ek dink dis
> 'n lid van die mimosa-familie, en ek dink hulle kweek
> dit teen die hange van die berge wat die Laeveld van
> die Ho"eveld skei. Ek dink dis ook die soort hout
> waarvan die pulp uitgevoer word na Kanada vir die
> maak van rayon.Sover ek kan onthou het dit fyn
> blaartjies en geel klossies vir blomme.
>
> Gloudina Bouwer
>
Vorige onderwerp: ("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)
Volgende onderwerp: Uitdaging aan Gloudina!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:09:23 MGT 2024