Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ANC Uitreik na Afrikaners
ANC Uitreik na Afrikaners [boodskap #12871] Di, 24 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jis Ouens

Die afgelope week is dit nuus dat die ANC 'n doelgerigte uitreik na
Afrikaners gaan loods, omdat hulle meen "die Afrikaner voel hy is 'n
vreemdeling in sy eie land". Nou is daar 'n geskarrel oor die spektrum heen.
'n Groep, die "Tussentydse Afrikanerberaad", bestaande uit 26
kultuurorganisasies is gestig om die ding te bekyk.

Sonder om politiek hiervan te maak, wat dink julle hiervan?

Wat is die motief? 'n Besef dat die Afrikaner te veel gemarginaliseer is oor
die afgelope paar jaar, en dat dit inherente gevare inhou vir die ekonomie,
ens. Of is dit sagmaak met die oog op die komende verkiesing?

Watter sake wat bloot Afrikanerkultuur affekteer behoort op die agenda te
wees wanneer die Groot Gesprek plaasvind? Ek kan dink aan die afskaling van
Afrikaans op TV, en 'n paar ander. Uit ondervinding weet ek dat Ferdi sterk
voel oor die aanslag op rugby.

Kan ons hoor, sonder te veel politiek, asb.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
Re: ANC Uitreik na Afrikaners [boodskap #12932 is 'n antwoord op boodskap #12871] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dis "windowdressing" vir die buiteland - is daar nie weer een of
ander besoek aan die kom nie?
Ek dink nie daar bestaan 'n besef van inherente gevare vir die ekonomie nie
- die regering en hulle mense se onlangse geskiedenis bewys dat hulle nie
veel omgee wat ten gronde gaan sover dit die ekonomie aangaan nie.
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

Henri Burger wrote in article
...
| Jis Ouens
|
| Die afgelope week is dit nuus dat die ANC 'n doelgerigte uitreik na
| Afrikaners gaan loods, omdat hulle meen "die Afrikaner voel hy is 'n
| vreemdeling in sy eie land". Nou is daar 'n geskarrel oor die spektrum
heen.
| 'n Groep, die "Tussentydse Afrikanerberaad", bestaande uit 26
| kultuurorganisasies is gestig om die ding te bekyk.
|
| Sonder om politiek hiervan te maak, wat dink julle hiervan?
|
| Wat is die motief? 'n Besef dat die Afrikaner te veel gemarginaliseer is
oor
| die afgelope paar jaar, en dat dit inherente gevare inhou vir die
ekonomie,
| ens. Of is dit sagmaak met die oog op die komende verkiesing?
|
Re: ANC Uitreik na Afrikaners [boodskap #12961 is 'n antwoord op boodskap #12871] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
doos  is tans af-lyn  doos
Boodskappe: 14
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , a...@def.com says...
> Ek dink dis "windowdressing" vir die buiteland - is daar nie weer een of
> ander besoek aan die kom nie?
> Ek dink nie daar bestaan 'n besef van inherente gevare vir die ekonomie nie
> - die regering en hulle mense se onlangse geskiedenis bewys dat hulle nie
> veel omgee wat ten gronde gaan sover dit die ekonomie aangaan nie.

Daaglikse realiteite weerspreek bietjie die amptelike deuntjie in hierdie
geval. Ek het groot waardering vir die feit dat dit wel gesê is dat ons
ook hier hoort en 'n rol te speel het (ek het nog altyd self so gedink).

Intussen bly die gemiddelde manlike Afrikaner-werknemer se vooruitsigte
op bevordering by sy huidige werkgewer, sowel as sy vooruitsigte op
herindiensneming by 'n ander werkgewer, maar skraal. Aan die ander kant,
dalk is lg. goed vir die ekonomie: kyk na die tempo waarteen bk's
geregistreer word en mense vir hulleself begin werk, en dikwels beter
doen as voorheen. Dalk 'n onbeplande ekonomiese gelukkie by die ongeluk ?

John
Re: ANC Uitreik na Afrikaners [boodskap #12962 is 'n antwoord op boodskap #12871] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Feb 1998 10:18:36 +0200, doos@dop.dam wrote:
Re: ANC Uitreik na Afrikaners [boodskap #12995 is 'n antwoord op boodskap #12871] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
doos@dop.dam wrote in message ...
> In article , a...@def.com says... (Snip)
> Daaglikse realiteite weerspreek bietjie die amptelike deuntjie in hierdie
> geval. Ek het groot waardering vir die feit dat dit wel gesê is dat ons
> ook hier hoort en 'n rol te speel het (ek het nog altyd self so gedink).

Wil met jou saamstem nieteenstaande jou "adres" hierbo. Let wel: *WIL*. Ek
mag nog my opinie stellig verander indien dit binnekort mag blyk dat dit
slegs 'n versuikerde bitter pil is.
>
> Intussen bly die gemiddelde manlike Afrikaner-werknemer se vooruitsigte
> op bevordering by sy huidige werkgewer, sowel as sy vooruitsigte op
> herindiensneming by 'n ander werkgewer, maar skraal.
Stem saam.

Aan die ander kant,
> dalk is lg. goed vir die ekonomie: kyk na die tempo waarteen bk's
> geregistreer word en mense vir hulleself begin werk, en dikwels beter
> doen as voorheen. Dalk 'n onbeplande ekonomiese gelukkie by die ongeluk ?
Kan nie saamstem nie. Registrasie van 'n BK beteken nie 'n suksesvolle
onderneming nie. Weet nou van 18 gevalle in my omgewing wat binne 6 maande
bankrot gespeel en in die proses al of die meeste van hul "pakketgeld"
verloor het.
> John

My raad aan die Afrikaner is: Wees versigtig vir die skielike
toegeneëntheid. Ons het geweet waar ons staan, maar nie nou meer nie.
Hoop net dat dit ons op die ou ent nie duur te staan gaan kom nie.

CH
Vorige onderwerp: Korrelkop
Volgende onderwerp: Re: (yes, the white mans way of doing things).
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 01:10:01 MGT 2024