Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » klapperkop
klapperkop [boodskap #12919] Do, 26 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
net nie dinge bymekaar kan sit nie. Amper onmiddellik herroep ek toe daardie
ou aanklagvorms in polisiekantore van ouds waar die tekstuur van 'n persoon se
hare aangedui moes word as rasklassifikasie (peperkorrel, krullerig, glad, en
so meer). Nou wonder ek - het klapperkop miskien 'n oorsprong in sodanige
rassisme waar daar aangeneem was dat diegene met hare soos klapper uiteraard
dom en dig is? Hier in die vreemde het ek nie toegang tot bronne waarmee ek
hierdie vraag kan beantwoord nie. Enigiemand met idees? En terwyl ek hier
tik, wonder ek sommer ook oor die oorsprong van "korrelkop" en "borselkop".

___
L. Laubscher
ISPP-Chicago
Re: KLAPPERKOP [boodskap #12948 is 'n antwoord op boodskap #12919] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pofadder  is tans af-lyn  Pofadder
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 26 Feb 1998 18:52:18 GMT, llaub...@aol.com (LLaubscher) wrote:

> Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
> oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
> dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
> net nie dinge bymekaar kan sit nie

In New Zealand is "coconut" oor die algemeen 'n neerhalende term vir
iemand wat van die "eilande" kom, d w s 'n immigrant van die Suidsee
eilande. (Alhoewel 'n vrouw nou die dag laggend vir my sê: "I'm not a
Maori! I'm a coconut!")

In za het dit seker 'n ander betekenis.

Is "borselkop' nie iets van die modes van die sestigerjare nie?
Van toe Elvis dienspligitig was in Duitsland?

My skoolonderwyser ( Johan Coetzee, Engelse skool) het aan ons
verduidelik dat 'n "penkop" 'n jong seuntjie is, maar ek sien my
woordeboek het 'n ander verduideliking.

"Korrelkop" is 'n goeie!

Nouja, wat klapper ik alles...
Re: klapperkop [boodskap #12949 is 'n antwoord op boodskap #12919] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
llaub...@aol.com (LLaubscher) writes: > Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
> oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
> dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
> net nie dinge bymekaar kan sit nie. Amper onmiddellik herroep ek toe daardie
> ou aanklagvorms in polisiekantore van ouds waar die tekstuur van 'n persoon se
> hare aangedui moes word as rasklassifikasie (peperkorrel, krullerig, glad, en
> so meer). Nou wonder ek - het klapperkop miskien 'n oorsprong in sodanige
> rassisme waar daar aangeneem was dat diegene met hare soos klapper uiteraard
> dom en dig is? Hier in die vreemde het ek nie toegang tot bronne waarmee ek
> hierdie vraag kan beantwoord nie. Enigiemand met idees? En terwyl ek hier
> tik, wonder ek sommer ook oor die oorsprong van "korrelkop" en "borselkop".
>
> ___
> L. Laubscher
> ISPP-Chicago

Daar is nie so ‘n uitdrukking in “Afrikaanse
Idiome en ander Vaste Uitdrukkings” (Botha,
Kroes en Winckler) nie. Daar is ook nie so
‘n uitdrukking in ons Nederlandse woordeboek
nie. Interessant vir my is dat in “Dictionary of
South African English” die volgende oor “klapper”
geskryf word:

(1) General term for numerous species, usually
plants with bladder-like fruits or pods which
break with a sharp snap, also fruits of these
species esp. Nymania capensis. (Afr. from
Dutch klapper for rattle.

(2) The fruit of Strychnos pungens and S. spinosa
called also wooden orange and monkey orange.
Afr. from Dutch klapper coconut.

By die verklaring van “klappertert” (a tart filled with
a sweetened coconut mixture) dui hulle die afkoms
van klapper in Afrikaans as afkomstig van Maleis
“kelapa” (coconut.)

Waar “klapperkop” dus vandaan kom, is dus nie so
duidelik nie. Dit bestaan nie eens in die boek oor Idiome
nie. Dis miskien streektaal of selfs familietaal. As dit
gebruik is in bevolkings-triages gedurende die
apartheidsjare, dan het dit duidelik die betekenis van
die woord “klapperhaar” (coir) probeer gebruik op
‘n pejoratiewe wyse.

Ons Afrikaanse Woordeboek (Bosman en Van der Merwe)
het egter die woord “klapperdop” se betekenisse as
“coconut-shell; nut, numskull” en miskien was die persoon
wat jou ‘n klapperkop genoem het, nou maar net plein
onkundig en het hy klapperdop bedoel!

Gloudina Bouwer
Re: klapperkop [boodskap #12950 is 'n antwoord op boodskap #12919] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
llaub...@aol.com (LLaubscher) writes: > Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
> oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
> dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
> net nie dinge bymekaar kan sit nie. Amper onmiddellik herroep ek toe daardie
> ou aanklagvorms in polisiekantore van ouds waar die tekstuur van 'n persoon se
> hare aangedui moes word as rasklassifikasie (peperkorrel, krullerig, glad, en
> so meer). Nou wonder ek - het klapperkop miskien 'n oorsprong in sodanige
> rassisme waar daar aangeneem was dat diegene met hare soos klapper uiteraard
> dom en dig is? Hier in die vreemde het ek nie toegang tot bronne waarmee ek
> hierdie vraag kan beantwoord nie. Enigiemand met idees? En terwyl ek hier
> tik, wonder ek sommer ook oor die oorsprong van "korrelkop" en "borselkop".
>
> ___
> L. Laubscher
> ISPP-Chicago

Wanneer ek die oorsprong van ‘n SA woord
wil naslaan, gaan ek gewoonlik eerste na ons
“Dictionary of South African English” om te
sien wat hulle dink. Hier is hulle verklaring vir
“korrelkop.”

One who has peppercorn/peperkorrel
hair - is also used of a peppery ill-
tempered person...


In “Afrikaanse Idiome en ander Vaste Uitdrukkings
(Botha, Kroes en Winckler) word die verklaring as
volg gegee: “ ‘n koppige persoon wat graag rusie
maak. A stubborn quarrelsome person.”

Nou, ten spyte van die feit dat die Dictionary of
South African English die woord se oorsprong in
“peperkorrel” wil sien, is ek tog agterdogtig. Die
Engelse woord “quarrel” is vir my te na hier in
betekenis en klank aan die woord “korrel.” Is dit
nie moontlik dat die woord ook in ander Dietse
tale of dialekte bestaan nie, en dat die “korrel”
in “korrelkop” familie is van die woord “quarrel.”
Hier volg die etimologie van “quarrel.”

Middle English, from Old French, from
Latin “querela” from “queri” to complain.


Gloudina Bouwer
Re: klapperkop [boodskap #12951 is 'n antwoord op boodskap #12919] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
LLaubscher wrote in message
...
> Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
> oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
> dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
> net nie dinge bymekaar kan sit nie. Amper onmiddellik herroep ek toe daardie
> ou aanklagvorms in polisiekantore van ouds waar die tekstuur van 'n persoon se
> hare aangedui moes word as rasklassifikasie (peperkorrel, krullerig, glad, en
> so meer). Nou wonder ek - het klapperkop miskien 'n oorsprong in sodanige
> rassisme waar daar aangeneem was dat diegene met hare soos klapper uiteraard
> dom en dig is? Hier in die vreemde het ek nie toegang tot bronne waarmee ek
> hierdie vraag kan beantwoord nie. Enigiemand met idees?

My bronne is nie te goed nie, maar Kritzinger & Steyn gee gladnie
"klapperkop" aan nie. Hulle gee wel "klapperdop" met die betekenis van die
kop van 'n mens.

Dit stem ooreen met my eie waarneming van hoe die woord gebruik word, bv:
"Kry dit in jou klapperdop" - gesê aan iemand wat nie wil hoor nie. (Let wel
die oorsponklike outeur het nie gesê jy is 'n klapperkop nie. Jy het gesê:
"...kry dit in jou klapperkop...").

Ek vermoed dus dat "klapperkop" 'n fout is, waar "klapperdop" bedoel word.

In my ervaring het die woord ook hoegenaamd geen konnotasie van hare nie. Ek
dink dit verwys eerder na die hardheid van die dop van 'n kokosneut. Dit kan
selfs verwys na die veldvrug wat in die bosveldgebiede voorkom, wat 'n harde
blink dop het (sonder enige hare hoegenaamd), en ook as 'n klapper bekend
staan.

Waar ek grootgeword het, was kokosneute onbekend, veldklappers welbekend, en
ook die uitdrukking "kry dit in jou klapperdop" as gereelde vermaning aan
kinders (ook blondes) in die klas.

Ek kan wel insien dat mense wat sensitief is vir rasse-konnotasies sulke
konnotasies daaraan kan heg - mits mens weet dat die oorspronklike outeur
wel bewus was van jou afkoms. Dit kan ook wees dat die konnotasies van die
woord meer onlangs gekontamineer is deur blootstelling aan die skelnaam
"coconut" wat in ander dele van die wêreld in rassekonteks gebruik word,
soos Pofadder uitwys.

> En terwyl ek hier
> tik, wonder ek sommer ook oor die oorsprong van "korrelkop" en
"borselkop".

Ek sien K&S gee "korrelkop" ook met, as die derde betekenis, "head with
woolly tufts of hair". Die eerste twee betekenisse is egter "touchy person;
crusty fellow, grouser, cross-patch".

In my ervaring, as die woord in hierdie twee betekenisse gebruik word, het
dit geen rasse-konnotasie nie, of selfs enige verwysing na fisiese voorkoms
nie.

"Borselkop" is eenvoudig die Afrikaans vir die Engelse "crew cut" wat so
gewild is onder Amerikaanse soldate van 'n sekere generasie (en seesoldate
van alle generasies - dis glo higiënies). Vir sover dit 'n rassekonnotasie
het, sou dit verband hou met die feit dat slegs mense met baie reguit en
sterk, dik hare die styl met sukses kan dra. Hoe 'n flop dit kan wees sien
mens as jy na foto's van Eisenhauer kyk.

Waar dit polisie-beskrywings aangaan: Ek dink dis algemene gebruik regoor
die wêreld om haarkleur- en tekstuur as deel van die beskrywing op te neem.

Wat ek interessanter vind is hoe maklik doodgewone woorde en uitdrukkings
vreemde konnotasies kan kry binne 'n bepaalde sosio-kulturele verband. Ek
kan sien hoe sommige mense kan beweer dat politieke korrektheid die diskoers
in 'n samelewing kan smoor.

Vriendelike groete, Leendert
Re: klapperkop [boodskap #12972 is 'n antwoord op boodskap #12919] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg Fynbos  is tans af-lyn  Vyg Fynbos
Boodskappe: 15
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
is klapperkop nie dalk dieselfde as
hothead nie, meenende iemand
wat gou hul humeur verloor,
iemand wat opblaas soos n
klapper ??

ek wil graag byvoeg:
julle argumenteer hopeloos te veel
oor nietighede, ek het nog nooit in my
lewe so n klomp "bitchy" mans soos
julle raakgeloop nie.

kyk, nou maak ek ook n bitsige opmerking,
sien julle nou, negatiwiteit lei tot verdere
negatiwiteit.... kom nou !

n jong afrikaner tiener (17) het onlangs die
volgende opmerking teenoor my in 'n
internet gesprek gemaak:

"ons jeug is siek en sat van rasisme politiek,
dit het niks met ons te doen, ons stel nie
daarin belang nie, dis julle outoppies wat
die probleem veroorsaak het, sorteer
julle dit uit en los ons uit.."

hier wil ek bevoeg, ek stel ook nie in
rasisme politiek belang nie, oud of nuut,
dis vervelig, dis baie kompleks, en daar
is geen vinnige oplossing nie,

hoekom op n nes sit net om n klomp vrot
eiers uit te broei ?
- dit het n aaklige geur....

die beste wat elke persoon kan doen om
te help die probleme oplos, is om werklik
sy medemens lief te het, ongeag van
kulturele of/en enige ander verskille.

die geklipgooiery en jaloesie van die's
wat steeds in Suid-Afrika woon en die's
wat verhuis het, is ook betekenisloos,
elkeen kan woon waar hy wil, dit maak
nie n verskil aan waar die hart lê nie,
"home is where the heart is", dis mos
'obvious' dat die buitelandse afrikaners
wat graag hier gesels, lief bly vir hul
afrikaanse kultuur.

ek behoort aan n suid-afrikaanse kuber
gemeenskap, ons kom almal baie goed
met mekaar oor die weg, en daar is nie
een rassis in ons gemeenskap nie, daar
is wel allerhande tipies en kulturele
groepe.

In elke geval, verskoon my sporadiese
geselsies, my IDV...(internet diens verskaffer),
trek ook nie al die artikels hier nie, en dis
baie frustrerend vir my.

gaan dit julle almal goed,
Vyg.....
Thailand is bloediglik warm...
en die thais verskriklik geldgierig...
hulle staar na blankes..asof ons
sirkus freaks is...
Re: klapperkop [boodskap #12988 is 'n antwoord op boodskap #12919] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ou vyg,
Laat ek nou sommer jou baie gelukwens met hierdie stelling van jou!
Gloudina, lees mooi!
Kom ons sit die rasse politiek nou eers vir 'n wyle in die kas en praat oor
mooi dinge!

Vyg, bly jy in Thailand of het jy gaan vakansie hou?
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

Vyg Fynbos wrote in article
...
| "ons jeug is siek en sat van rasisme politiek,
| dit het niks met ons te doen, ons stel nie
| daarin belang nie, dis julle outoppies wat
| die probleem veroorsaak het, sorteer
| julle dit uit en los ons uit.."
|
| hier wil ek bevoeg, ek stel ook nie in
| rasisme politiek belang nie, oud of nuut,
| dis vervelig, dis baie kompleks, en daar
| is geen vinnige oplossing nie,
|
| die beste wat elke persoon kan doen om
| te help die probleme oplos, is om werklik
| sy medemens lief te het, ongeag van
| kulturele of/en enige ander verskille.
|
| elkeen kan woon waar hy wil, dit maak
| nie n verskil aan waar die hart lê nie,
| "home is where the heart is", dis mos
| 'obvious' dat die buitelandse afrikaners
| wat graag hier gesels, lief bly vir hul
| afrikaanse kultuur.
|
| Thailand is bloediglik warm...
| en die thais verskriklik geldgierig...
| hulle staar na blankes..asof ons
| sirkus freaks is...
Re: klapperkop [boodskap #12989 is 'n antwoord op boodskap #12919] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
In het Nederlands kennen we een soort gedrag of gemoedstoestand dat we
"kwarrig" noemen. Het woord wordt -zover ik weet- niet vaak meer gebruikt.

Meestal wordt het gebruikt voor een kind dat vervelend, zeurderig en/of
hangerig is: vaak zit er dan een ziekte (verkoudheid, griep, ..) aan te
komen.

"Pietje is niet lekker, hij is een beetje kwarrig vandaag"

Ik weet niet waar het woord vandaan komt en zelfs niet of het algemeen
beschaafd Nederlands is (ik kan mijn woordenboek nergens meer vinden).

Natturlijk is er ook nog de term "querelant" voor een ruziemaker.

Groetjes,
Arthur

@igs.net  heeft geschreven in bericht

> "korrelkop."
>
>         "One who has peppercorn/peperkorrel
>           hair - is also used of a peppery ill-
>           tempered person..."
>
> In "Afrikaanse Idiome en ander Vaste Uitdrukkings
> (Botha, Kroes en Winckler) word die verklaring as
> volg gegee: " 'n koppige persoon wat graag rusie
> maak. A stubborn quarrelsome person."
>
> Nou, ten spyte van die feit dat die Dictionary of
> South African English die woord se oorsprong in
> "peperkorrel" wil sien, is ek tog agterdogtig. Die
> Engelse woord "quarrel" is vir my te na hier in
> betekenis en klank aan die woord "korrel." Is dit
> nie moontlik dat die woord ook in ander Dietse
> tale of dialekte bestaan nie, en dat die "korrel"
> in "korrelkop" familie is van die woord "quarrel."
> Hier volg die etimologie van "quarrel."
>          Middle English, from Old French, from
>          Latin "querela" from "queri" to complain.
>
> Gloudina Bouwer
>
Re: klapperkop [boodskap #13020 is 'n antwoord op boodskap #12919] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> "Leendert van Oostrum" wrote

> My bronne is nie te goed nie, maar Kritzinger & Steyn gee gladnie
> "klapperkop" aan nie. Hulle gee wel "klapperdop"

Baie dankie. Tog, ek het al die woord klapperkop gehoor in 'n konteks anders
as die waarna ek verwys sodat dit wel gebruik word en nie 'n blote spelfout by
een persoon is nie.

> (Let wel
> die oorsponklike outeur het nie gesê jy is 'n klapperkop nie. Jy het gesê:
> "...kry dit in jou klapperkop...").

Jy's reg - daar is ietwat van 'n verskil

> Waar dit polisie-beskrywings aangaan: Ek dink dis algemene gebruik regoor
> die wêreld om haarkleur- en tekstuur as deel van die beskrywing op te neem.

Ek hoop nie dat jy met hierdie skrywe apologeties staan teenoor die gebruik van
daardie polisievorms van ouds nie, want dit vat waarlikwaar nie 'n
spreekwoordelike rocket scientist nie om te weet dat die omvang van
rasbeskrywings daarin gedryf is deur 'n rasbeheptheid en apartheidsideologie,
liewer as 'n gefundeerde kriminologiese rigsnoer vir identifikasie nie. Ek
weet - was aan die ontvangkant. Weliswaar was daardie vorms maar net nog 'n
apartheids-aanval op die menswaardigheid van swart suid-afrikaners. Hemel,
kleurling, byvoorbeeld, was verdeel in omtrent vyf subkategoriee.

> Ek
> kan sien hoe sommige mense kan beweer dat politieke korrektheid die diskoers
> in 'n samelewing kan smoor.
>
>

Ek kan ook die teendeel sien - omdat woorde waardes en verwagtinge en sekere
maniere van sien vervat, kan politieke korrektheid 'n kennelike uitdaging vir
hierdie maniere van sien daarstel en, in die proses, die diskoers in 'n
samelewing stimuleer.

------
Leswin Laubscher
ISPP-Chicago
Re: klapperkop [boodskap #13021 is 'n antwoord op boodskap #12919] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> c-n...@usa.net (Vyg Fynbos) wrote

> ek het nog nooit in my
> lewe so n klomp "bitchy" mans soos
> julle raakgeloop nie

so what?? of is die verwagting dat net vroue "bitchy" kan en mag wees teenoor
die aktiewe, decisive, rasionele, en selfversekerde superman? Indien wel is
dit seksisties en hopeloos te rolgebonde vir my liking.

>
> "ons jeug is siek en sat van rasisme politiek,
> dit het niks met ons te doen, ons stel nie
> daarin belang nie,

Dit het alles met hulle te doen - hulle is die ontvangers van daardie politieke
legacy waarmee die "outoppies" nou mee worstel. Voorts word daar van hulle
verwag om binne 'n kort tydjie in 'n politieke wereld te leef en werk.

> die beste wat elke persoon kan doen om
> te help die probleme oplos, is om werklik
> sy medemens lief te het, ongeag van
> kulturele of/en enige ander verskille.

Dis 'n begin, maar nie die beste nie. Mens kan ook deur agitasie en wyer
sosiale betrokkenheid sorg dat hierdie waardes gesementeer word in wet en
social policy.

>ek behoort aan n suid-afrikaanse kuber
> gemeenskap, ons kom almal baie goed
> met mekaar oor die weg, en daar is nie
> een rassis in ons gemeenskap nie,

Tog se jy net 'n paar lyne later dat "die Thais (is) verskriklik geldgierig"
wat 'n vooroordeel is en 'n persoonlikheidstrek aan 'n hele groep mense
toeskryf bloot op grond van hul rassevoorkoms en etniese identiteit. As jy dit
kan doen, is dit maar 'n klein sprong na ander soortgelyke vooroordele (die
jode is suinig; swartes stink; amerikaners is arrogant). Hopelik sien jy nou
die waarde van "politiek" en "bitchy" besprekings.

______
Leswin Laubscher
ISPP-Chicago
Re: klapperkop [boodskap #13022 is 'n antwoord op boodskap #12919] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johann hammann  is tans af-lyn  johann hammann
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in article ...
> llaub...@aol.com (LLaubscher) writes: > Nou die ander dag verwys iemand
na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
>> oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
>> dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
>> net nie dinge bymekaar kan sit nie. Amper onmiddellik herroep ek toe daardie
>> ou aanklagvorms in polisiekantore van ouds waar die tekstuur van 'n persoon se
>> hare aangedui moes word as rasklassifikasie (peperkorrel, krullerig, glad, en
>> so meer). Nou wonder ek - het klapperkop miskien 'n oorsprong in sodanige
>> rassisme waar daar aangeneem was dat diegene met hare soos klapper uiteraard
>> dom en dig is? Hier in die vreemde het ek nie toegang tot bronne waarmee ek
>> hierdie vraag kan beantwoord nie. Enigiemand met idees? En terwyl ek hier
>> tik, wonder ek sommer ook oor die oorsprong van "korrelkop" en "borselkop".
>>
>> ___
>> L. Laubscher
>> ISPP-Chicago
>
>

>
>
> 'n Klapper is 'n veldvrug wat in die Waterberg omgewing in die Noordelike
Provinsie voorkom. Dit is 'n ronde vrug van ongeveer 10 - 15 cm in
deursnee, groen van kleur wat na geel verkleur met rypwording. Die dop van
die vrug is baie hard - van daardie uitdrukking "Klapperkop", bedoelende
hardkop.

Johann
Louis Trichardt
Re: klapperkop [boodskap #13053 is 'n antwoord op boodskap #12919] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
> LLaubscher wrote in message
>
>>> die beste wat elke persoon kan doen om
>>> te help die probleme oplos, is om werklik
>>> sy medemens lief te het, ongeag van
>>> kulturele of/en enige ander verskille.
>>
>> Dis 'n begin, maar nie die beste nie. Mens kan ook deur agitasie en wyer
>> sosiale betrokkenheid sorg dat hierdie waardes gesementeer word in wet en
>> social policy.
>
> Jy wil naasteliefde wetlik afdwingbaar maak?
>
> Is dit net ek wat dieselfde gevoel van ongemak as wat ek kry wanneer sensuur
> as politieke korrektheid begin paradeer?
>
> Groete, Leendert

Ja nee, hier kom die post-apartheid
Leendert nou weer met sy skynheilige
gesig. Waar was jy en wat het jy
gedoen in die sewentigs en tagtiger-
jare toe sensuur aan die orde van die
dag was vir alles wat nie gestrook het
met die apartheidsvarke se wense nie.
Hierdie keer wil ek vers en kapittel
h^e. Niemand het gesê dat naasteliefde
afgedwing moes word nie. Maar reg en
geregtigheid kon wel ge-eis word as
deel van 'n volwasse maatskappy. Maar
wat het ons gekry? Die vrotter en
vrotterwordende maatskappy wat die
apartheidsvarke wou skep. Hoe het
jy die apartheidsvarke beveg, Leendert?

>
Re: klapperkop [boodskap #13054 is 'n antwoord op boodskap #12919] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
LLaubscher wrote in message
...
>> "Leendert van Oostrum" wrote

>> Waar dit polisie-beskrywings aangaan: Ek dink dis algemene gebruik regoor
>> die wêreld om haarkleur- en tekstuur as deel van die beskrywing op te
neem.
>
> Ek hoop nie dat jy met hierdie skrywe apologeties staan teenoor die gebruik van
> daardie polisievorms van ouds nie, want dit vat waarlikwaar nie 'n
> spreekwoordelike rocket scientist nie om te weet dat die omvang van
> rasbeskrywings daarin gedryf is deur 'n rasbeheptheid en apartheidsideologie,
> liewer as 'n gefundeerde kriminologiese rigsnoer vir identifikasie nie. Ek
> weet - was aan die ontvangkant. Weliswaar was daardie vorms maar net nog 'n
> apartheids-aanval op die menswaardigheid van swart suid-afrikaners. Hemel,
> kleurling, byvoorbeeld, was verdeel in omtrent vyf subkategoriee.

Ek ken nie die vorms nie en is geen krimenoloog nie. Ek sou dus nie kon
oordeel of die vorms daar anders sou uitsien as dit op grond van suiwer
krimenologiese beginsels opgestel is nie.

Ek aanvaar wel dat die invullers van die vorms dikwels die menswaardigheid
van mense aangetas het op grond van rasse-oorwegings. Dit het hulle egter
ook in ander aspekte van hul werk gedoen, en nie net met betrekking tot die
invul van vorms nie. Ek is ook nie daarvan oortuig die die verlede tyd altyd
die korrekte een is om hier te gebruik nie.

(Ek gee toe - die blote handeling van vorms invul maak blykbaar iets los in
mense wat dit ten opsigte van ander mense moet doen - ek vergerg my gruwelik
vir die houding van poppetjie wat my aansoek vir 'n selfoon-kontrak invul.
In der mate dat ek na 'n ander verskaffer gaan. By mense waar jy nie daardie
keuse het nie - polisie, poskantoor - is dit soveel erger. As jy nog
gewaande rassemeerderwaardigheid by die mengsel inroer word dit sekerlik
baie sterk om te rook!)

>
>> Ek
>> kan sien hoe sommige mense kan beweer dat politieke korrektheid die diskoers
>> in 'n samelewing kan smoor.
>>
>
> Ek kan ook die teendeel sien - omdat woorde waardes en verwagtinge en sekere
> maniere van sien vervat, kan politieke korrektheid 'n kennelike uitdaging vir
> hierdie maniere van sien daarstel en, in die proses, die diskoers in 'n
> samelewing stimuleer.

Wat jy hier aanbied is, natuurlik, 'n argument te gunste van sensuur.
Dieselfde soort argument wat mens in die sewentigerjare in die briewekolom
van Die Transvaler gesien het oor /Magersfontein, o magersfontein/ - in die
lyn van: "Leroux hoef nie sulke smerige taal te gebruik nie. Die Taal is so
ryk, met bietjie moeite kon hy homself veel beter uitgedruk het."

Al verskil is dat die konnotasie van "smerig" by politiek korrektheid
verander van 'n skatalogiese na 'n ideologiese normering.

Maar wat jy sê het my laat besef dat ek eintlik iets moet byvoeg by my
oorspronklike stelling - ek dink dat 'n doelbewuste gebrek aan respek vir
ander se menswaardigheid noodwendig ook smorend moet inwerk op die diskoers
(wanneer mense kom by die grense van haatspraak, byvoorbeeld - die soort
waarin Gloudina haar verlustig, en wat eintlik maar van dieselfde klas is as
wat mens lees by die neo-nazi "riff-raff", soos sy dit noem, en wat mens sou
kry by dienaars van die gereg soos die waarna jy verwys).

Ek dink nie dit gaan help om 'n lys van taboewoorde op te stel nie - soos
een of ander Lammie Snyman van die laaste dae. Miskien sou mens kon redeneer
dat dit daarop neerkom dat ons 'n behoefte het aan gewone goeie maniere
en plein ordentlikheid. Nouja - in hierdie departement vaar ek nie altyd so
goed as wat ek sou wou nie :-) Maar daarbenewens sit ons onmiddelik met die
probleem dat "goeie maniere" kultuurbepaald is.

Groete, Leendert
Re: klapperkop [boodskap #13055 is 'n antwoord op boodskap #12919] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
LLaubscher wrote in message

>> die beste wat elke persoon kan doen om
>> te help die probleme oplos, is om werklik
>> sy medemens lief te het, ongeag van
>> kulturele of/en enige ander verskille.
>
> Dis 'n begin, maar nie die beste nie. Mens kan ook deur agitasie en wyer
> sosiale betrokkenheid sorg dat hierdie waardes gesementeer word in wet en
> social policy.

Jy wil naasteliefde wetlik afdwingbaar maak?

Is dit net ek wat dieselfde gevoel van ongemak as wat ek kry wanneer sensuur
as politieke korrektheid begin paradeer?

Groete, Leendert
Re: klapperkop [boodskap #13063 is 'n antwoord op boodskap #12919] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> "Leendert van Oostrum"

> Nie? en wat beteken "gesementeer in wetgewing en social policy" anders?

Sien my respons hierop elders
Re: klapperkop [boodskap #13064 is 'n antwoord op boodskap #12919] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Ja nee, hier kom die post-apartheid
> Leendert nou weer met sy skynheilige
> gesig. Waar was jy en wat het jy
> gedoen in die sewentigs en tagtiger-
> jare toe sensuur aan die orde van die
> dag was vir alles wat nie gestrook het
> met die apartheidsvarke se wense nie.

Anders as jy, Gloudina, het ek nog nie die ouderdom bereik waar ek my
persoonlike geskiedenis elke etmaal van voor af vir die menigte op die
nuusgroep vertel nie. Dis reeds beskikbaar in die argief van die nuusgroep
as jy werklik sou belangstel.

My "stryd teen sensuur" was seker nie so heldhaftig as jou vlug na die
vreemde nie, maar het darem so nou en dan die briewekolomme gehaal. Ek
onthou 'n hele R25 vir die "brief van die week" in die Transvaler (of was
dit die Vaderland) vir 'n argument teen die verbanning van Magersfontein
hier in 78 rond. Ek het nie die R25 geraam of gebêre nie, en ook nie die
pennevrugte nie, maar dis sekerlik iewers in Naspers se argiewe as iemand my
sou dagvaar daarvoor.

> Hierdie keer wil ek vers en kapittel
> h^e. Niemand het gesê dat naasteliefde
> afgedwing moes word nie.

Nie? en wat beteken "gesementeer in wetgewing en social policy" anders?

> Maar reg en
> geregtigheid kon wel ge-eis word as
> deel van 'n volwasse maatskappy. Maar
> wat het ons gekry? Die vrotter en
> vrotterwordende maatskappy wat die
> apartheidsvarke wou skep. Hoe het
> jy die apartheidsvarke beveg, Leendert?

Kom ons wees spesifiek, Dapper Tant Oink, verduidelik nou eenmaal wat en wie
jy bedoel met "apartheidsvarke", waarom jy dink ek moes hulle beveg, wat jou
kriterium is vir iets wat tel as "veg" en of jy dink daar was enigiets of
iemand anders benewens "apartheidsvarke" wat ook die aandag van veglustiges
werd was (is?)

Daarna vertel jy vir ons hoe _jy_ hulle beveg het (barrevoets oor die Mid
Atlantic Ridge?).

Dan sal ek besluit of en hoe ek sal inval by jou Mary Metcalfe-triek van
"where were you in the struggle". (Die triek lê natuurlik in die suggestie
dat daar net een struggle is en dat dit verby is.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: klapperkop [boodskap #13065 is 'n antwoord op boodskap #12919] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| apartheidsvarke wou skep. Hoe het
| jy die apartheidsvarke beveg, Leendert?
|
... --- asof sy iets gedoen het--- ... =:^)
Re: klapperkop [boodskap #13066 is 'n antwoord op boodskap #12919] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> "Leendert van Oostrum" wrote

> Ek ken nie die vorms nie en is geen krimenoloog nie

Hierdie, ten minste, is ooglopend waar.

> Ek aanvaar wel dat die invullers van die vorms dikwels die menswaardigheid
> van mense aangetas het op grond van rasse-oorwegings. Dit het hulle egter
> ook in ander aspekte van hul werk gedoen, en nie net met betrekking tot die
> invul van vorms nie.

Natuurlik

> Ek is ook nie daarvan oortuig die die verlede tyd altyd
> die korrekte een is om hier te gebruik nie.

Nie altyd nie, jy's reg - maar daar IS 'n verskil insoverre wetlike beskerming
vir sulke gedrag die verlede tyd kenmerk.

> Wat jy hier aanbied is, natuurlik, 'n argument te gunste van sensuur.

Nee, dis nie 'n "natuurlike" argument vir sensuur nie. Inderwaarheid het jy
self 'n deel van my argument verwoord in jou kwalifikasie dat 'n gebrek aan
respek vir ander se menswaardigheid 'n smorende uitwerking het op
samelewingsdiskoers. Addisioneel hiertoe voer die oorspronklike argument aan
dat soos samelewingswaardes en -verwagtinge dinamies verander, so behoort ons
linguisties en wetlik daarop te reageer (en nou reageer ek sommer ook op jou
reaksie in 'm ander poslyn op hierdie groep). 'n Voorbeeld - nie so lank
gelede nie was dit "normaal" vir mans in die werksplek om met vroulike kollegas
te flirteer, so dan en wan op sekere plekke te knyp en soms dinge te se wat
drup van seksuele innuendo. Weliswaar was dit normaal omdat die samelewing en
kultuur georganiseer was rondom sekere gelsagsrolle, geslagsverwagtinge en die
geslagsgebonde verdeling van mag in haas alle lewensfere. Om net
"naasteliefde" as wapen te gebruik het vroue nerens gebring nie - agitasie en
drukgroepe en politieke organisasie het wel. In die woorde van Frederick
Douglass ("Power concedes nothing without a demand. Find out just what people
will submit to and you have found the exact measure of injustice and wrong that
will be imposed upon them, and these will continue till they are resisted with
words or blows or with both"). In sexual harrassment wette, dan, sien ek 'n
erkenning van veranderde en veranderende waardes en standaarde, liewer as
sensuur. In die voorstaan van woorde soos chairperson i.p.v. chairman,
person-made i.p.v. man-made, sien ek dan minder sensuur of "politiese
korrektheid", en meer 'n respekvolle semantiese inagneming van ander asook
veranderde sosiale realiteite.

> Ek dink nie dit gaan help om 'n lys van taboewoorde op te stel nie

Gegee die argument hierbo, ja, dit gaan help.

> Miskien sou mens kon redeneer
> dat dit daarop neerkom dat ons 'n behoefte het aan gewone goeie maniere
> en plein ordentlikheid

Miskien sou mens ook kon redeneer (Freud, onder ander, het) dat "plein
ordentlikheid" en "goeie maniere" binne 'n individuele en vrye vakuum
onmoontlik is, maar indien wel, tog net sal lei tot perversies daarvan -
vandaar die noodsaaklikheid vir organiserende paradigmas, hetsy kultuur, kuns,
familie, godsdiens of wet. Kyk wat gebeur as ons jou aan jouself oorlaat - jy
erken dat

> Nouja - in hierdie departement vaar ek nie altyd so
> goed as wat ek sou wou nie :-)

_____
L. Laubscher
ISPP-Chicago
Re: klapperkop [boodskap #13084 is 'n antwoord op boodskap #12919] Vr, 06 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rtl  is tans af-lyn  Rtl
Boodskappe: 4
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> LLaubscher wrote in message
> ...
>> Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek
> toe
>> oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse
--Snip--
> In my ervaring het die woord ook hoegenaamd geen konnotasie van hare nie. Ek
> dink dit verwys eerder na die hardheid van die dop van 'n kokosneut. Dit kan
> selfs verwys na die veldvrug wat in die bosveldgebiede voorkom, wat 'n harde
> blink dop het (sonder enige hare hoegenaamd), en ook as 'n klapper bekend
> staan.
>

> Wat ek interessanter vind is hoe maklik doodgewone woorde en uitdrukkings
> vreemde konnotasies kan kry binne 'n bepaalde sosio-kulturele verband. Ek
> kan sien hoe sommige mense kan beweer dat politieke korrektheid die diskoers
> in 'n samelewing kan smoor.
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
>
>
>

Ek het 'n goeie swart vriend wat na homself as 'n "coconut" verwys. ("Want
ek is bruin aan die buitekant, en wit van binne", skerts hy)

Groete

Elroy haasbroek
Re: klapperkop [boodskap #13102 is 'n antwoord op boodskap #12919] Sa, 07 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
>
>>
> Hierdie keer wil ek vers en kapittel
> h^e.

"Das Kapital", Karl Marx?
Re: klapperkop [boodskap #13124 is 'n antwoord op boodskap #12919] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"vira" writes: >
>
> @igs.net wrote in article ...
>>
>>>
>> Hierdie keer wil ek vers en kapittel
>> h^e.
>
> "Das Kapital", Karl Marx?


Ek dink jy is van jou kop af.
Ek het vir Leendert gevra om
te vertel waarom hy nie 'n
apartheidsvark is nie. Maar
nee, hier kom die Kommunisme
as 'n vloekwoord. Jy is so
passe, Vira. Om deesdae 'n
Kommunis te wees, is "in."
Selfs in die VSA.

Gloudina
Re: klapperkop [boodskap #13157 is 'n antwoord op boodskap #12919] Ma, 09 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| passe, Vira. Om deesdae 'n
| Kommunis te wees, is "in."
| Selfs in die VSA.

Jy sit alweer die pot mis, Gloudina. Probeer eerder iets positief skryf,
dan sal jy dalk minder nonsies kwytraak.

Nico
Vorige onderwerp: DIE SWART MISLUKKING
Volgende onderwerp: Indisch Informatiepunt op Internet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 07:55:31 MGT 2024