Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE SWART MISLUKKING
DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12642] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Pe...  is tans af-lyn  Pe...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
As ek as 'n blanke vandag verantwoordelik aanvaar vir ongeletterdheid,
armmoede, kort lewensduur onder swartes in Suid-Afrika wie het die
verantwoordelik gedra voor 6 April 1652.
Die Boere was ongeletterd tot laat in die 18e eeu - hulle is na die
Boere Oorlog geforseer deur ekonomiese toestande om hulle self te
verbeter, niemand kon dit vir hulle doen nie, behalwe hulle self.
Niemand het hulp aangebied nie - vandag is hulle onder die mees
gekwalifiseerde nasies in die wereld. Dieselfde nood en druk forseer
die swarte regoor die wereld nie na 'n self verbetering nie, maar na
misdaad en sy eie ondergang. Wie het meer 'gesuffer' as die Jode - waar
is hulle vandag? 35 000 Afrikaanse vroue en kinders het in konsentrasie
kampe omgekom, lank voor 'n Duitser nog gedink het aan 'n konsentrasie
kamp - waar is die Afrikaner vandag? Het 35 000 swarte vrouens en
kinders ooit in so 'n kort periode omgekom deur die hand van die witman
- waar is die swarte vandag? Wie het 'n terugslag gehad soos die
Japanese in die '40's - atoombom - in 50 jaar het hulle hulle self gebou
tot die sterkste ekonomie in die wereld - waar is die swarte met sy
massa hande vandag? Duitsland is in die grond in gekom - waar is hulle
vandag?
Miskien is ek kleurbedonnerd - lyk vir my swart = probleme = misdaad =
afgrond = donker = pateteties = mislukking.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12667 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 16 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Madel  is tans af-lyn  Madel
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , Pe...@Cunningham.com.na
writes
> As ek as 'n blanke vandag verantwoordelik aanvaar vir ongeletterdheid,
> armmoede, kort lewensduur onder swartes in Suid-Afrika wie het die
> verantwoordelik gedra voor 6 April 1652.
> Die Boere was ongeletterd tot laat in die 18e eeu - hulle is na die
> Boere Oorlog geforseer deur ekonomiese toestande om hulle self te
> verbeter, niemand kon dit vir hulle doen nie, behalwe hulle self.
> Niemand het hulp aangebied nie - vandag is hulle onder die mees
> gekwalifiseerde nasies in die wereld. Dieselfde nood en druk forseer
> die swarte regoor die wereld nie na 'n self verbetering nie, maar na
> misdaad en sy eie ondergang. Wie het meer 'gesuffer' as die Jode - waar
> is hulle vandag? 35 000 Afrikaanse vroue en kinders het in konsentrasie
> kampe omgekom, lank voor 'n Duitser nog gedink het aan 'n konsentrasie
> kamp - waar is die Afrikaner vandag? Het 35 000 swarte vrouens en
> kinders ooit in so 'n kort periode omgekom deur die hand van die witman
> - waar is die swarte vandag? Wie het 'n terugslag gehad soos die
> Japanese in die '40's - atoombom - in 50 jaar het hulle hulle self gebou
> tot die sterkste ekonomie in die wereld - waar is die swarte met sy
> massa hande vandag? Duitsland is in die grond in gekom - waar is hulle
> vandag?
> Miskien is ek kleurbedonnerd - lyk vir my swart = probleme = misdaad =
> afgrond = donker = pateteties = mislukking.
Daar is nie plek in die wêreld vir rassiste soos jy nie-dit is hoekom
die swart mense vandag sit waar hulle sit. Dit is hoekom Suid Afrika in
so 'n gemors is vandag. Gee die onderdruktes 'n kans - probeer om verby
iets so oppervlakkig soos velkleur te kyk!
>

--
Madel
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12675 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
> In article , Pe...@Cunningham.com.na
> writes

>> Die Boere was ongeletterd tot laat in die 18e eeu -

Heeltemal onwaar. Die eerste skool wat in SA gestig is, is vir die kinders
van slawe en inboorlinge gestig - 1658, as ek reg onthou - en nie vir die
kinders van die koloniste nie.

Die Boere en hul voorsate het hul eie kinders leer lees, skryf, en reken
waar daar nie skole was nie - sedert die reformasie 'n newe-effek van
protestantse geloofsbeoefening regoor die wêreld. Dr Andrew Murray het teen
die middel van die vorige eeu gereeld sy verwondering uitgespreek oor die
hoë vlak van geletterdheid wat hy onder die kinders van Boere in die
Transvaal en Vrystaat aangetref het sonder dat daar een skool was.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12676 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pe...  is tans af-lyn  Pe...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Madel wrote:

>> Daar is nie plek in die wereld vir rassiste soos jy nie-dit is hoekom
>
>> die swart mense vandag sit waar hulle sit. Dit is hoekom Suid Afrika in
>> so n gemors is vandag. Gee die onderdruktes n kans-probeer om verby
>> iets so oppervlakkig soos velkleur te kyk!
>

> Madel of is dit Madella
> Miskien het jy nie mooi gelees wat die ou geskryf het nie - die Jode
> was onderdruk, die Vietamese, die Afrikaner (deur die Engelse), die
> Japanese, die Russe, die Chinese - almal het deur HARDE WERK en
> beskaafde norme en standaarde HULLE SELF verhef tot 'n standaard waar
> hulle kon meeding met wereldse ekonomie en tegnologie. WAAR IS AFRIKA
> EN ANDER SWARTE NASIES VAN DIE WERELD!!!! Hoekom moet hulle
> gepamperlang word - hoekom kan hulle, hulle self nie uit die gemors
> kry nie. Die waarheid maak so seer. Net so terloops - hoekom
> bestudeer jy nie rassime onder swart mense in Afrika nie - 'n beter
> idee van rassime sal jy nie kry nie.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12677 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca writes:

> In Afrika voor die invloed van die weste gekom het, was daar
> nie juis 'n insentief vir kulturele ontwikkeling nie.

Wat van die Egiptiese beskawing wat duisende
jare voor Christus al gebloei het? En wat van
die feit dat die biblioteek in Alexandria op
'n sekere stadium die belangrikste bewaarplek
was van dinge wat ons vandag as essensieel in
die Westerse kultuur beskou.

Gloudina Bouwer
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12678 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
> In article , Pe...@Cunningham.com.na
> writes
>> As ek as 'n blanke vandag verantwoordelik aanvaar vir ongeletterdheid,
>> armmoede, kort lewensduur onder swartes in Suid-Afrika wie het die
>> verantwoordelik gedra voor 6 April 1652.
>> Die Boere was ongeletterd tot laat in die 18e eeu - hulle is na die
>> Boere Oorlog geforseer deur ekonomiese toestande om hulle self te
>> verbeter, niemand kon dit vir hulle doen nie, behalwe hulle self.
>> Niemand het hulp aangebied nie - vandag is hulle onder die mees
>> gekwalifiseerde nasies in die wereld. Dieselfde nood en druk forseer
>> die swarte regoor die wereld nie na 'n self verbetering nie, maar na
>> misdaad en sy eie ondergang. Wie het meer 'gesuffer' as die Jode - waar
>> is hulle vandag? 35 000 Afrikaanse vroue en kinders het in konsentrasie
>> kampe omgekom, lank voor 'n Duitser nog gedink het aan 'n konsentrasie
>> kamp - waar is die Afrikaner vandag? Het 35 000 swarte vrouens en
>> kinders ooit in so 'n kort periode omgekom deur die hand van die witman
>> - waar is die swarte vandag? Wie het 'n terugslag gehad soos die
>> Japanese in die '40's - atoombom - in 50 jaar het hulle hulle self gebou
>> tot die sterkste ekonomie in die wereld - waar is die swarte met sy
>> massa hande vandag? Duitsland is in die grond in gekom - waar is hulle
>> vandag?
>> Miskien is ek kleurbedonnerd - lyk vir my swart = probleme = misdaad =
>> afgrond = donker = pateteties = mislukking.

Dis jammer dat daar so baie politiek op hierdie groep gepraat
word. Maar nou ja wat kan mens doen. Daar is een aspek
wat ek wil uitlig. Baie mense probeer 'n maatstok lang 'n
kultuur neersit en dit "meet" en dan evalueer of dit goed of
sleg is -- soos byvoorbeeld in die boonste aanhaling. Die
probleem is dat daar nie juis kultuur invariante maatstawwe
bestaan nie. Om te se dat mense lui is en nie ekonomies
aktief nie impliseer dat ekonomie as 'n voorvereiste gestel
word. Maar primere kulture het nie juis 'n baie komplekse
ekonomie nie. Om te sê dat daar baie misdaad is in die
kultuur bestaan moet mens eers sê wat bedoel mens met
misdaad. In terme van watter kultuur is dit wat hulle doen
misdaad? In primere kulture is die konsep van persoonlike
besit nie so sterk soos in westerse kulture nie. Al sulke
maatstawwe is slegs geldig in 'n westerse perspektief. Maar
niemand kan sê dat die westerse kulture `reg' en alle ander
kulture `verkeerd' is nie.

In Afrika voor die invloed van die weste gekom het, was daar
nie juis 'n insentief vir kulturele ontwikkeling nie. Dis nie soos
in Europa waar die koue winters 'n voortgesette stryd tot
oorleweing veroorsaak nie. Die lewe in Afrika was maklik.
Daarom het die kulture op 'n vlak gestabiliseer waar die mense
gelukkig was. Die invloed van die weste het egter hierdie saak
verander tot op die punt dat die lewe in Afrika nie meer baie
aangenaam is nie.

Stef
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12679 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 17 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jy het 'n punt daar beet!!

On Tue, 17 Feb 1998 22:48:11 +1100, Pe...@Cunham.com.na wrote:
>> Madel wrote:
>
>>> Daar is nie plek in die wereld vir rassiste soos jy nie-dit is hoekom
>>
>>> die swart mense vandag sit waar hulle sit. Dit is hoekom Suid Afrika in
>>> so n gemors is vandag. Gee die onderdruktes n kans-probeer om verby
>>> iets so oppervlakkig soos velkleur te kyk!
>>
>
>
>
>> Madel of is dit Madella
>> Miskien het jy nie mooi gelees wat die ou geskryf het nie - die Jode
>> was onderdruk, die Vietamese, die Afrikaner (deur die Engelse), die
>> Japanese, die Russe, die Chinese - almal het deur HARDE WERK en
>> beskaafde norme en standaarde HULLE SELF verhef tot 'n standaard waar
>> hulle kon meeding met wereldse ekonomie en tegnologie. WAAR IS AFRIKA
>> EN ANDER SWARTE NASIES VAN DIE WERELD!!!! Hoekom moet hulle
>> gepamperlang word - hoekom kan hulle, hulle self nie uit die gemors
>> kry nie. Die waarheid maak so seer. Net so terloops - hoekom
>> bestudeer jy nie rassime onder swart mense in Afrika nie - 'n beter
>> idee van rassime sal jy nie kry nie.
>
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12694 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 18 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> : Pe...@Cunningham.com.na wrote

> As ek as 'n blanke vandag verantwoordelik aanvaar vir ongeletterdheid,
> armmoede, kort lewensduur onder swartes in Suid-Afrika wie het die
> verantwoordelik gedra voor 6 April 1652.
> Die Boere was ongeletterd tot laat in die 18e eeu - hulle is na die
> Boere Oorlog geforseer deur ekonomiese toestande om hulle self te
> verbeter, niemand kon dit vir hulle doen nie, behalwe hulle self.
> Niemand het hulp aangebied nie - vandag is hulle onder die mees
> gekwalifiseerde nasies in die wereld. Dieselfde nood en druk forseer
> die swarte regoor die wereld nie na 'n self verbetering nie, maar na
> misdaad en sy eie ondergang. Wie het meer 'gesuffer' as die Jode - waar
> is hulle vandag? 35 000 Afrikaanse vroue en kinders het in konsentrasie
> kampe omgekom, lank voor 'n Duitser nog gedink het aan 'n konsentrasie
> kamp - waar is die Afrikaner vandag? Het 35 000 swarte vrouens en
> kinders ooit in so 'n kort periode omgekom deur die hand van die witman
> - waar is die swarte vandag? Wie het 'n terugslag gehad soos die
> Japanese in die '40's - atoombom - in 50 jaar het hulle hulle self gebou
> tot die sterkste ekonomie in die wereld - waar is die swarte met sy
> massa hande vandag? Duitsland is in die grond in gekom - waar is hulle
> vandag?
> Miskien is ek kleurbedonnerd - lyk vir my swart = probleme = misdaad =
> afgrond = donker = pateteties = mislukking.
>

"Ken jy my nou?
Het jy die spieel gesien,
en ken jy jou?"

_________
'n Swarte
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12695 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 18 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
In , writes:
> ro...@physics.utoronto.ca writes:
>
>> In Afrika voor die invloed van die weste gekom het, was daar
>> nie juis 'n insentief vir kulturele ontwikkeling nie.
>
> Wat van die Egiptiese beskawing wat duisende
> jare voor Christus al gebloei het? En wat van
> die feit dat die biblioteek in Alexandria op
> 'n sekere stadium die belangrikste bewaarplek
> was van dinge wat ons vandag as essensieel in
> die Westerse kultuur beskou.

Goed ek gee toe. Egipte is 'n uitsondering. Moontlik
is dit asgevolg van die nou kontak wat dit met die
kulture om die middelandse see gehad het. Maar ek
het ook al ander verklarings vir die verskynsel gelees.

Die kern van my boodskap is egter dat mens nie een
kultuur moet oordeel aan stadaarde wat in 'n ander
kultuur ontwikkel is nie.

Stef
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12696 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 18 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca writes:
>
> Goed ek gee toe. Egipte is 'n uitsondering. Moontlik
> is dit asgevolg van die nou kontak wat dit met die
> kulture om die middelandse see gehad het. Maar ek
> het ook al ander verklarings vir die verskynsel gelees.

Nee, jou argument is nog Euro-sentries.
Miskien omdat jy nie 'n grondige agtergrond
van die geskiedenis het nie. Meeste wat jy
vandag as "die Westerse beskawing" beskou,
het voortgespruit uit kennis wat uit die
Middel-Ooste en verre Ooste gekom het, en
deur middel van die Moorse intogte in Spanje
in Europa ingesypel het. Dis arrogant vir
die hedendaagse "wit" persoon om die sogenaamde
Westerse beskawing as Europees te sien. En
dit dan wil vergelyk met die powere toestand
van Afrika na eeue van kulturele roofbou
deur Europeane.
>
> Die kern van my boodskap is egter dat mens nie een
> kultuur moet oordeel aan standaarde wat in 'n ander
> kultuur ontwikkel is nie.

Jy is so reg. En 'n mens moet die
geskiedenis ook bestudeer.

Gloudina
>
> Stef
>
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12697 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 18 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> ro...@physics.utoronto.ca wrote

> Dis jammer dat daar so baie politiek op hierdie groep gepraat
> word. Maar nou ja wat kan mens doen.

Soveel van ons lewens, veral swart lewens, is gegrond in 'n politiese
realiteit. Om dan politiek as 'n afsonderlike entiteit te behandel, en te
impliseer dat dit geskei kan word van daaglikse "being-in-the-world" is
kunsmatig en naief.

> Daar is een aspek
> wat ek wil uitlig. Baie mense probeer 'n maatstok lang 'n
> kultuur neersit en dit "meet" en dan evalueer of dit goed of
> sleg is

Jy doen presies dieselfde. "In Afrika, voor die invloed van die Weste gekom
het, was daar nie juis 'n insentief vir kulturele ontwikkeling nie". Hierdie
aanhaling spreek boekdele tot jou vooroordeel. Hiermee impliseer jy juis 'n
maatstaf vir kultuur. Weliswaar besit ALLE groepe kultuur en ontwikkel
sodanige kultuur deurentyd. "Insentiewe" is deurgans beskikbaar -
desnieteenstaande "koue weer". Hemel, in die blote kontak met ander groepe
word kultuur beinvloed, in droogte, impetus van wyse ouer groepslede, rebellie
van die jeug, skaarste ten opsigte van voedsel en 'n resulterende heroorweging
of hertoewyding tot 'n goddelike hierargie, nuwe rituele, en die lys gaan aan
en aan. Voorts - wat is 'n "primere kultuur". Hierin le ook sekere
waarde-oordele. Implisiet hierin is die outomatiese aanvaarding van diesulke
groepe as gedryf deur instink, sonder "beskawing", sonder rede, mens-diere, en
so meer. Wat, se tog, konstitueer 'n primere kultuur? En wat, in hemelsnaam,
is "westerse Kultuur"? En, gegee "primere kulture", waarom verwys jy dan na "
westerse kultuur" en nie "sekondere kultuur" nie. (tog snaaks dat te midde
van die velerlei verskille tussen groepe soos die swede, italianers,
amerikaners, iere, spanjaarde, britte, duitsers, en so meer, hulle nog steeds
getipeer word as behorende tot 'n westerse kultuur, terwyl dieselfde mense wat
hierdie argumente voer, praat van onderlinge verskille tussen Zoeloes en Masai
en Xhosas en Marokane as teregwysing vir 'n omskrywing van 'n Afrika-kultuur -
smaak my die definisie van kultuur word onderwerp aan politieke rigsnoere)

Leswin Laubscher
ISPP - Chicago
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12730 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Feb 1998 02:42:49 GMT, "Nico" wrote:

Jy sit mos in die VSA, of hoe?

<<>Sy kan nie heel lekker wees nie - kyk nou net die skrywe wat sy hier in die
> openbaar maak:
>
> @igs.net wrote in article ...
> | Pe...@Cunningham.com.na writes:
> |
> | Besef liewer die regte kleurbedonderaars
> | was die wit koloniale groepe wat dwars-
> | oor die wereld die oorspronklike inwoners
> | van hulle lande beroof het en hulle soos
> | ondiere behandel het. Skoert, wit setlaar
> | van jou ou mishoop af. As jy nie bereid
> | is om die sondes van jou vadere te probeer
> | regmaak nie, skoert wit setlaar. SA se
> | bevolking kan sonder jou klaarkom. Jy is
> | deel van die probleem. Skoert, wit setlaar.>>
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12731 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Feb 1998 23:20:23 +1100, an...@tiger.com.na wrote:
<< Mandela kan vandag lees en skryf, op 'n vliegtuig
> klim en binne 'n paar uur in Amerika wees - HOEKOM?? Het die Madiba
> broers of die Wright broers die vliegtuig uitgevind.>>

Wel dit was sure as hell nie wit Afrikaners nie!

En ons vlieg ook merrily oral rond op vliegtuie, of hoe?
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12732 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 18 Feb 1998 14:40:48 GMT, ro...@physics.utoronto.ca wrote:
<<>Die kern van my boodskap is egter dat mens nie een
> kultuur moet oordeel aan stadaarde wat in 'n ander
> kultuur ontwikkel is nie.>>

Yep.
Wie het die beste kultuur? Die geletterde Nazi's van die jare 30 of
vreedsame swart stamme in Afrika 100 jaar gelede?
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12733 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, met 'n PhD, as mense hier van Afrika praat, is dit swart Afrika -
dalk het jy nog heel tyd die redenasie aan die stert beet!

| Wat van die Egiptiese beskawing wat duisende
| jare voor Christus al gebloei het? En wat van
| die feit dat die biblioteek in Alexandria op
| 'n sekere stadium die belangrikste bewaarplek
| was van dinge wat ons vandag as essensieel in
| die Westerse kultuur beskou.
|
| Gloudina Bouwer
|
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12734 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sy kan nie heel lekker wees nie - kyk nou net die skrywe wat sy hier in die
openbaar maak:

@igs.net wrote in article ...
| Pe...@Cunningham.com.na writes:
|
| Besef liewer die regte kleurbedonderaars
| was die wit koloniale groepe wat dwars-
| oor die wereld die oorspronklike inwoners
| van hulle lande beroof het en hulle soos
| ondiere behandel het. Skoert, wit setlaar
| van jou ou mishoop af. As jy nie bereid
| is om die sondes van jou vadere te probeer
| regmaak nie, skoert wit setlaar. SA se
| bevolking kan sonder jou klaarkom. Jy is
| deel van die probleem. Skoert, wit setlaar.
|
|
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12735 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andre van Tonder  is tans af-lyn  Andre van Tonder
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Nico wrote:

> Sy kan nie heel lekker wees nie - kyk nou net die skrywe wat sy hier
> in die
> openbaar maak:
>
> @igs.net wrote in article ...
> | Pe...@Cunningham.com.na writes:
> |
> | Besef liewer die regte kleurbedonderaars
> | was die wit koloniale groepe wat dwars-
> | oor die wereld die oorspronklike inwoners
> | van hulle lande beroof het en hulle soos
> | ondiere behandel het. Skoert, wit setlaar
> | van jou ou mishoop af. As jy nie bereid
> | is om die sondes van jou vadere te probeer
> | regmaak nie, skoert wit setlaar. SA se
> | bevolking kan sonder jou klaarkom. Jy is
> | deel van die probleem. Skoert, wit setlaar.
> |
> |

Baie interessant die skoert wit setlaar. Dalk moet jy kyk waar die
swartes vandaan kom hier in die Suidpunt van Afrika. Die een wat die
woestyne ingejaag is deur die swarte nl. die Boesman, is nie eers te
sprake in die politieke vingerwysing nie. Hy het dalk 'n paar honderd
jaar terug gese - skoert jou swart lel van jou mishoop af en al die
gemors wat jy hierbo noem. Die nasies van die wereld het nie een dag
wakker geword en gesit waar hulle sit nie - almal het beweeg van een
plek na'n ander om watter rede ookal - die sterker een het altyd
oorgeneem - dit is hoe baie nasies nuwe tegnologie kon aanneem, selfs
leer lees en skryf. Mandela kan vandag lees en skryf, op 'n vliegtuig
klim en binne 'n paar uur in Amerika wees - HOEKOM?? Het die Madiba
broers of die Wright broers die vliegtuig uitgevind.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12736 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
<<>Miskien is ek kleurbedonnerd - lyk vir my swart = probleme = misdaad =
> afgrond = donker = pateteties = mislukking.>>

Jy is kleurbedonnerd, ja.
Met n goeie streep rassisme daarby ook.

Pasop. Dit kan terugspring. Byvoorbeeld in iemand wat jou argument vat
en n soortgelyke soort profiel vir Afrikaners opstel.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12737 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Feb 1998 09:42:50 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12739 is 'n antwoord op boodskap #12642] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Feb 1998 03:02:35 GMT, "Nico" <jpotg...@aol.com> wrote:
<<>Gloudina, met 'n PhD, as mense hier van Afrika praat, is dit swart Afrika -
> dalk het jy nog heel tyd die redenasie aan die stert beet!>>

Wat is "swart Afrika?"
Hoeveel ander Afrika's is daar?
Hoe verskil hulle?
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12767 is 'n antwoord op boodskap #12642] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Mandela kan vandag lees en skryf, op 'n vliegtuig
> klim en binne 'n paar uur in Amerika wees - HOEKOM?? Het die Madiba
> broers of die Wright broers die vliegtuig uitgevind.
>

Mandela is net soos jy die
ontvanger van die sogenaamde
"westerse kultuur" en is
heelwaarskynlik meer geleerd
en meer beskaafd as jy.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12770 is 'n antwoord op boodskap #12642] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Feb 1998 10:21:22 GMT, "F. Stef Roux" wrote:
<<>Ek probeer myself nou inderdaad onderrig in die geskiedenis
>
> van die westerse beskawing. Dis ook waar dat die westerse
>
> beskawing sterk beinvloed is deur die ou beskawings in Egipte
>
> en ander dele in die Midde Ooste. Maar dan is daar ook die
>
> Romeinse ryk en voor die die Grieke.>>

En voor die Grieke was die Egiptenare. Egipte het die Grieke
waarskynlik beinvloed.

En daar was die Midde-Ooste waar moderne geskrewe tale waarskynlik
groot dele van sy oorsprong het.

><< Ek dink dat die punt wat
> ek probeer maak het is dat as ons vandag na Afrika kyk is die
>
> kulturele invloed van Europa sterker as die invloed van daardie
>
> ou beskawings.>>

Dus: Vandag is wat algemeen Westers genoem raak die heersende invloed
in die wereld.
Dit was nie so in die verlede nie, en daar is geen waarborg dat dit
200 jaar van nou steeds so gaan wees nie.

Die algemeen Westerse beskawing is ook die eerste een wat ons wereld
op planeet-vlak bedreig in dinge soos besoedeling, global warming en
kernbomme.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12819 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 17 Feb 1998 09:42:50 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > waar daar nie skole was nie - sedert die reformasie 'n newe-effek van
>> protestantse geloofsbeoefening regoor die wêreld. Dr Andrew Murray het teen
>> die middel van die vorige eeu gereeld sy verwondering uitgespreek oor die
>> hoë vlak van geletterdheid wat hy onder die kinders van Boere in die
>> Transvaal en Vrystaat aangetref het sonder dat daar een skool was.>>
>
> Dis dan seker die redes waarom daar sulke talle en goeie eerstehandse
> verslae is oor die groot trek en so aan is.

Ek neem aan jy is goed bekend met die corpus van eerstehandse verslae oor
die groot trek? Dis nou benewens die meer bekende goed soos Trichardt se
dagboek en die "briewe aan Sus in die Kolonie" -genre?

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12820 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Feb 1998 10:15:58 +0100, "Leendert van Oostrum" <cura...@lantic.co.za> wrote:
<<>Ek neem aan jy is goed bekend met die corpus van eerstehandse verslae oor
> die groot trek? Dis nou benewens die meer bekende goed soos Trichardt se
> dagboek en die "briewe aan Sus in die Kolonie" -genre?>>

Nee.

Ontvou gerus die corpus vir ons hier versamel.

En eksponeer ook tog sommer die veelvuldige genre.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12821 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Soveel van ons lewens, veral swart lewens, is gegrond in 'n politiese
>
>> realiteit. Om dan politiek as 'n afsonderlike entiteit te behandel,
> en te
>
>> impliseer dat dit geskei kan word van daaglikse "being-in-the-world"
> is

>> kunsmatig en naief.

F. Stef Roux responds:

> Is dit jou ervaring in daar Chicago?

Dit was seer sekerlik my ervaring in Suid-Afrika en in soverre hierdie 'n
Suid-Afrikaanse nuusgroep is en ek as Suid-Afrikaner reageer, is my respons van
pas.

> Wel dis nie my ervaring hier in
>
> Toronto nie. Ek kan met sukses die politiek hier totaal ignoreer. Dit
>
> affekteer my nie. In Suid Afrika het dit my egter geaffekteer en ek
>
> het nie daarvan gehou nie.
>
>

Tog, alhoewel ek praat van my ervaring in Suid-Afrika, beteken dit nie dat
veral swart lewens in Chicago nie ook gegrond is in 'n politiese realiteit nie.
Miskien is dit juis jou verhouding tot mag en die sosiaal-ekonomiese
strukturering daarvan wat dit vir jou moontlik maak om politiek in Toronto te
ignoreer. Vir die swart persoon, egter, wat in Cabrini-Green hier in Chicago
grootword, is dit politiek om juis daar groot te word; is dit politiek wanneer
al sy bure swart is; is dit politiek wanneer daar geen telefone in sy buurt is
om werk mee te soek nie; is dit politiek wanneer die laaste sitplek wat op die
trein gevul word, die een langs syne is; is dit politiek dat die sneeu van die
strate in sy buurt laaste geskraap word; is dit politiek wanneer die enigste
manier waarop mense wat soos hy lyk op televisie uitgebeeld word as
geweldenaars of jollie dansers; is dit politiek wanneer sy wit eweknie meer
geredelik werk kry as hy; en so meer, en so meer. Leef dus rustig voort met
oogklappe, Stef. Ek skat dis makliker in Kanada, maar dit impliseer
allesbehalwe "sukses". Inteendeel.

> Nee ek stem nie saam nie. Die oorspronklike kulture van Afrika het
> vir baie
>
> lank feitlik geen vernadering getoon nie. Daar was miskien klein
> ontwikkelings
>
> maar geensins wat met kulturele ontwikkeling in ander wereld dele
> vergelyk nie.

'n Paar dekades voor die koms van die europeers aan die suidkus van Afrika, was
daar 'n radikale herorganisasie van Khoi-gode. Heitsi-Eibib se mag en invloed
kon nou slegs verstaan word in terme van ander, nuwer, gode. Hierdie is
vergelykbaar met Martin Luther se Protestantse rewolusie of die verskil waarin
die wyn simbool is van Jesus se bloed of werklik in bloed transfigureer - stof
vir 'n heel nuwe godsdienstige organisasie. En jy is arrogant en
paternalisties genoeg om hierdie ontwikkelling by die Khoi as "klein
ontwikkellings" te beskryf wat "geensins met kulturele ontwikkelling in ander
werelddele vergelyk ...(kan)... word nie". Voorts, geen argitektuur? O ja,
die ruines van Zimbabwe is net dit; die universiteit van Sankore, die tempels
op Kush, die goudsmeewerk van Benin, die komplekse handel vanaf Ethiopie met
China - als hierdie is nie kulturele ontwikkelling nie? Die Indiese Vedas was
vir honderde jare op orale wyse oorgedra en om kulturele ontwikkelling aan
skrif en argitektuur te meet is miopies, naief, en etnosentries.

> Voorts - wat is 'n "primere kultuur". Hierin le ook sekere
>
>> waarde-oordele.
>
>
> Dis bloot 'n kultureel-antopologiese term. Dit impliseer geen waarde
> oordeel nie.

Neger is ook 'n kultureel-antropologiese term. Dit drup egter van
waarde-oordele. Jy se self dat "primitiewe kulture" (nog 'n kultureel
antropologiese term) "soveel konnotasies het" (en dus skiet jy jou argument in
die voet). Daar is weliswaar ander kultureel-antropologiese terme (bv.
tradisionele kulture) wat juis bestek probeer neem van die asssosiasies wat
daarme gepaard gaan. Beoordeel dus weer jou (hopelik) naiewe aanvaarding van
terme as "bloot kultureel-antropologies".

> Die westerse kulture is
> nie die enigste kompleske kulture nie. Daar is ook nog die chinese
> kultuur, indiese kultuur, ens. wat redelik ver ontwikkel is.

Leendert van Oostrum se respons hierop sal volstaan.

> Ek kan sien jy het 'n voorliefde vir politiek want jy het 'n neiging
> om alles te
>
> verpolitiseer

Veel eerder 'n voorliefde vir 'n deursigtige, plooibare soeke na 'n omvattende
waarheid.

> Kan jy miskien vir my 'n voorbeeld noem van mense wat
>
> "praat van onderlinge verskille tussen Zoeloes en Masai
>
> en Xhosas en Marokane as teregwysing vir 'n omskrywing van 'n
> Afrika-kultuur"?

Carl Gustav Jung; Hegel; Hendrik Verwoerd; Jean le Pen; John Vorster - onder
andere.

_____
L. Laubscher
ISPP-Chicago
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12824 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 18 Feb 1998 14:40:48 GMT, ro...@physics.utoronto.ca wrote:
>
> > kultuur moet oordeel aan stadaarde wat in 'n ander
>> kultuur ontwikkel is nie.>>
>
> Yep.
> Wie het die beste kultuur? Die geletterde Nazi's van die jare 30 of
> vreedsame swart stamme in Afrika 100 jaar gelede?

Miskien sal ons daaroor kan oordeel wanneer daar genoeg navorsing oor albei
gedoen is.

Op die oog af het die vreedsame stamme in Afrika nie veel meer nut geput uit
enige aspekte van hul kultuur toe die Difaquane (as kultuurverskynsel) kop
uitgesteek nie, as die vreesame jode, sigeuners an ander toe die "finale
oplossing" in die jare 30 kop uitgesteek het nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12825 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Stef, ten spyte daarvan dat jy gereeld ontken dat jy waarde-oordele
uitspreek, is daar tog waarde-oordele vervat in wat jy skryf. Dit lyk,
byvoorbeeld, asof jy 'n "komplekse" kultuur hoër aanslaan as 'n "primôre"
kultuur, veral as dit ook 'n "dominante" kultuur is. Daar is ook 'n
suggestie dat jy verandering en die tempo van verandering binne 'n kultuur
beskou as aanduidend van die "waarde" daarvan in die sin dat sommige kulture
nog deur "stadiums" moet gaan om te kom "op die punt" waar ander kulture is.

Ek weet nie of dit moontlik is om van kultuur te praat sonder om waardes toe
te ken nie. Maar miskien moet ons nie probeer voorgee dat so iets wel
moontlik is nie :-)

Groete, Leendert

F. Stef Roux wrote in message ...
>>> ro...@physics.utoronto.ca wrote

> Ag tog! Waar kan ek begin? Goed ek sal probeer. Jy stem saam dat kulture ontwikkel. Dus is daar punt waarvandaan dit ontwikkel en waarheen dit
> ontwikkel. In die ontwikkelingsproses is daar baie diversiteit wat intree. Dus
> kan mens nie sê alle kulture sal presies dieselfde pad loop nie. Die begin punt
> is wat mens 'n primere kultuur kan noem. Miskien kan mens ook van
primitiewe kultuur praat, maar ek verkier "primere" omdat dit nie soveel
konotasies het nie. (miskien is ek verkeerd.) Dit gaan deur baie stadiums
voordat dit by die punt kom waar die westerse kulture vandag is. Daarom sal
ek liewer die westerse kultuur as 'n "komplekse kultuur" beskou (teenoor
primitiewe kultuur). Die westerse kulture is nie die enigste kompleske
kulture nie. Daar is ook nog die chinese kultuur, indiese kultuur, ens. wat
redelik ver ontwikkel is. Maar dis die westerse kulture wat op die omblik
die dominante kulture in die wereld is. Westerse kulture is bloot die
kulture wat in Europa ontwikkel het, en wat deuruit afstam. (Ek het gedog
die term westerse kultuur is alom bekend.)
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12826 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Feb 1998 10:34:37 +0100, "Leendert van Oostrum" <cura...@lantic.co.za> wrote:
<<>Miskien sal ons daaroor kan oordeel wanneer daar genoeg navorsing oor albei
> gedoen is.>>

...sê hy, en
spreek dan sumier n oordeel uit asof die navorsing reeds gedoen is....

<<>Op die oog af het die vreedsame stamme in Afrika nie veel meer nut geput uit
> enige aspekte van hul kultuur toe die Difaquane (as kultuurverskynsel) kop
> uitgesteek nie, as die vreesame jode, sigeuners an ander toe die "finale
> oplossing" in die jare 30 kop uitgesteek het nie.>>>

..en dan let ek op dat "verdere navorsing" oor die Nazi's nodig is
voor oordeel uitgespreek kan word, maar 'n negatiewe oordeel kan maar
laat waai word mee oor die swart stamme van Afrika.

Wat dan sommer ook almal saamgegroepeer word in een verskynsel.

Te veel corpusse saam met jou gernes geskink, of wat?
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12827 is 'n antwoord op boodskap #12642] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Mandela is net soos jy die
| ontvanger van die sogenaamde
| "westerse kultuur" en is
| heelwaarskynlik meer geleerd
| en meer beskaafd as jy.
|
Nee, Gloudina, ek en my voorsate was deel van die ontwikkeling van die
huidige westerse kultuur - die skrywers wat jy so lekker hier aanhaal het
ook in ander tale gestudeer en gepubliseer. Ons wetenskaplikes is op baie
terreine op die voorpunt van navorsing. Ons is deel van die westerse
beskawing - nie net passiewe ontvangers daarvan nie.

Swart volke het hier in Afrika gesit totdat ons beskawing uit Europa op
hulle afgeforseer is - reg of verkeerd.

Meer geleerd? Meer beskaafd? Dis tyd dat jy weer in SA kom, Gloudina en
kyk hoe jou mede Afrikaners leef - ons drink ook al tee met die pinkie in
die lug ...!
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12863 is 'n antwoord op boodskap #12642] Di, 24 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
llaub...@aol.com (LLaubscher) writes: >

Stef in Toronto skryf:
>
>> Wel dis nie my ervaring hier in
>>
>> Toronto nie. Ek kan met sukses die politiek hier totaal ignoreer. Dit
>>
>> affekteer my nie. In Suid Afrika het dit my egter geaffekteer en ek
>>
>> het nie daarvan gehou nie.

Ja, jy kon dit in die laer in SA ignoreer.
En toe die laer nie meer daar was nie, toe
het jy weggetrek.

Leef dus rustig voort met
> oogklappe, Stef. Ek skat dis makliker in Kanada, maar dit impliseer
> allesbehalwe "sukses". Inteendeel.

Dis nie makliker in Kanada om met
oogklappe te leef nie. Mens moet
jou o"e styf toeknyp. 'n Mens se
hart breek as 'n meisie wat in
British Guyana gebore is (van Indiese
oorsprong) sê dat sy nog altyd vir
'n Paki uitgeskel word. Die ironie
is egter dat die (hoogs opgevoede)
kinders van mense wat geslagte gelede
uit die Indiese subkontinent gekom
het, nou van Kanada se beste skrywers
en intellektueles word.Oor 'n honderd
jaar sal hulle en mense soos hulle uit
die Ooste die intelligentsia van Kanada
vorm.

Gloudina Bouwer
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12891 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Mon, 23 Feb 1998 10:34:37 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

> oor albei
>> gedoen is.>>

> ...sê hy, en
> spreek dan sumier n oordeel uit asof die navorsing reeds gedoen is....

Foutjie, Koos: "Op die oog af" beteken juis dat die oordeel nie op
navorsing, verdere ondersoek, of bewys gegrond is nie. Maar natuurlik! Dis
een van die frases wat party koerantmanne gebruik om te beweer sonder om te
beweer, nie waar nie.

>
> geput uit
>> enige aspekte van hul kultuur toe die Difaquane (as kultuurverskynsel) kop
>> uitgesteek nie, as die vreesame jode, sigeuners an ander toe die "finale
>> oplossing" in die jare 30 kop uitgesteek het nie.>>>

> ..en dan let ek op dat "verdere navorsing" oor die Nazi's nodig is
> voor oordeel uitgespreek kan word, maar 'n negatiewe oordeel kan maar
> laat waai word mee oor die swart stamme van Afrika.

Hmmm....? Watter negatiewe oordeel?

>
> Wat dan sommer ook almal saamgegroepeer word in een verskynsel.

> Te veel corpusse saam met jou gernes geskink, of wat?

Shaken. Not Stirred.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12892 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Feb 1998 00:11:10 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
<<Die plig van eksposisie is dus joue.>>

Skink gerus vir jou nog n corpus Leunie. En wonder steeds voort oor
Derek Hanekom.
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12893 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 23 Feb 1998 10:15:58 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> verslae oor
>> die groot trek? Dis nou benewens die meer bekende goed soos Trichardt se
>> dagboek en die "briewe aan Sus in die Kolonie" -genre?>>
>
> Nee.
>
> Ontvou gerus die corpus vir ons hier versamel.
>
> En eksponeer ook tog sommer die veelvuldige genre.

Jy is dus nie bekend met die materiaal nie. Desnieteenstaande maak jy
afleidings aangaande die geletterdheidsvlak van die mense op grond van
materiaal waarmee jy nie bekend is nie?

Maar nou ja. Uit ervaring weet ons dat jy afleidings maak op grond van dinge
wat mense nie eens geskryf het nie. Par for the course, dus.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12894 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> "F. Stef Roux" wrote

> Maar deur hierdie argument te voer maak jy
> jouself
>
> skuldig aan veroordeling. Deur hierdie voorbeelde op te noem voer jy
> dus
>
> aan dat dit belangrik is dat daar sulke goed in 'n kultuur moet wees.

> sodra ek dit definieer sodat jy
> weet
>
> waarvan ek praat kom jou westerse vooroordele in werking wat die
>
> blote bestaan van so 'n kultuur as onaanvaarbaar beskou. Kry dit tog
> in
>
> jou klapperkop dat daar geen negatiewe aspekte verbonde is aan die
> blote
>
> bestaan van sulke kulture nie. Dis bloot westerse indoktrinasie wat
> maak
>
> dat jy hulle wil wegwens of die bestaan daarvan wil ontken.

Goelkunstenaar is die woord wat by my opkom by die lees van jou respons. Jy
neem my eie argumente, draai dit om en eien dit aan jouself toe. Voorts,
egter, begin jy my dan beskuldig van presies daardie dinge wat ek in jou
kritiseer alhoewel ek dit nooit gese het, geimpliseer het, of gesuggereer het
nie - goelery met woorde wat enige politikus jou sal envy. Dit natuurlik as jy
dit bewustelik doen - andersinds is die manier waarop jy jou ego probeer
beskerm skisofrenies. Tog, dit bly oneerlik en om die rede verkies ek (met die
uitsondering van hierdie pos) om nie meer met jou oor hierdie kwessie te
debateer nie.

> Edele benadering tot die lewe ;-).
>
>

Ek sou se dankie, maar die "smiley" suggereer dat jy my woorde in twyfel trek
of sarkasties is.

> Nee, nee. Moenie net name gee nie. Hulle het baie dinge gesê. Gee
> vir my spesifieke uitsprake -- aanhalings met verwysings -- sodat ons
> iets het om te kan bespreek.

Jy vra vir voorbeelde, ek gee hulle vir jou, en dan verskuif jy die goalposts
en vra nou skielik vir spesifieke uitsprake asof jy dit al die tyd gevra het.
Hierdie is egter 'n game waarin ek beter is as jy sodat die nuwe goalposts nie
'n probleem is vir my nie. Hieronder 'n paar verwysings (nie aanhalings nie,
want dan kan jy aanvoer dat haas enigiets buite konteks aangehaal kan word).

Vir Immanuel Kant se siening, is die volgende 'n beginpunt: Beck, L. W.
(1966). Kant on History. Bobbs-Merrill.

Hegel se siening kan jy kry in : Hegel, G. W. F. (1956). The philosophy of
history. Dover: Dover Publications.

T. Serequeberhan (1991). African philosohphy. New York: Paragon House, bevat
'n nice deel oor David Hume se filosofiese rassisme.

Andersinds kan jy ook my eie artikel raadpleeg: Laubscher, L. & McNeil, J. D.
(1995). Climbing Kilimanjaro: The case for an African Philosophy and
Psychology. Psychology Bulletin (SA), 5, 1-10. Indien jou biblioteek nie
hierdie journal dra nie, kan jy dit direk vanaf die uitgewers aanvra.
Psychology resource centre, University of the Western Cape, Private Bag X17,
Bellville, 7535.

Ek sou ook Basil Davidson aanbeveel - ietwat inleidend en basies, maar dit lyk
my dis wat jy nodig het. Wanneer jy meer omvattend gelees het en argumente kan
verdedig (liewer as jou ego), kan ons weer gesels. Tot dan.

____
L. Laubscher
ISPP - Chicago
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12895 is 'n antwoord op boodskap #12642] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Mon, 23 Feb 1998 10:15:58 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> verslae oor
>> die groot trek? Dis nou benewens die meer bekende goed soos Trichardt se
>> dagboek en die "briewe aan Sus in die Kolonie" -genre?>>
>
> Nee.
>
> Ontvou gerus die corpus vir ons hier versamel.
>
> En eksponeer ook tog sommer die veelvuldige genre.

Nee, nee, Koos! Jy verstaan verkeerd. Die onus rus op die een wat beweringe
gemaak het.

Die plig van eksposisie is dus joue.

Vriendelike groete, Leendert
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12924 is 'n antwoord op boodskap #12642] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Wat wil je hier nou precies mee aangeven Gloudina ?

@igs.net wrote:

> knipperdeknipperdeknip Die ironie
> is egter dat die (hoogs opgevoede)
> kinders van mense wat geslagte gelede
> uit die Indiese subkontinent gekom
> het, nou van Kanada se beste skrywers
> en intellektueles word.Oor 'n honderd
> jaar sal hulle en mense soos hulle uit
> die Ooste die intelligentsia van Kanada
> vorm.
>
> Gloudina Bouwer
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12925 is 'n antwoord op boodskap #12642] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ai, Gloudina, nes mens dink jy gaan nou iets interesants vertel en ons
feitelike inligting gee, dan kom jy met 'n K.K stelling soos die vorendag!

Waar dink jy blaas jy jou geloofwaardigheid heen as jy so 'n stelling maak?
"Oor 'n honderd jaar sal...." dis die soort van ding wat waansinnige
voorspellers in boeke skryf om geld te maak uit mense wat nie vir hulleself
kan dink nie.

Komaan, Gloudina, ek gaan jou aanhou pes totdat jy ons iets mooi positief
vertel.
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

@igs.net wrote in article ...
| en intellektueles word.Oor 'n honderd
| jaar sal hulle en mense soos hulle uit
| die Ooste die intelligentsia van Kanada
| vorm.
|
| Gloudina Bouwer
|
|
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12926 is 'n antwoord op boodskap #12642] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Feb 1998 16:15:48 +0100, "Leendert van Oostrum" <cura...@lantic.co.za> wrote:
<<>Maar nou ja. Uit ervaring weet ons dat jy afleidings maak op grond van dinge
> wat mense nie eens geskryf het nie. Par for the course, dus.>>

Jou bedoel nou soos om baie hoe" en verbale menings uit te spreek oor
"swart regerings" sonder dat 'n mens weet wie actually in die kabinet
en parlement is?
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12927 is 'n antwoord op boodskap #12642] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
> knipperdeknip. Dat die komplekse kulture dominant is, is bloot 'n feit. Die
> vraag is
> wat hulle met hul dominante posisie doen?

Ik heb jullie diskussie een tijdje gevolgd en ik vraag mij nu af wat jij onder
een "komplekse kultuur" verstaat. IMHO zul je de VS daar niet onder kunnen boeken
want de kultuur van de VS (de mainstream dus en niet allerhande subkulturen zoals
hispanic/chinees/joods/zwart) is vrij simpel en de frontier tijd nog niet al te
sterk ontgroeit. Hierin geldt alleen maar het recht van de sterkste en de
grootste mond, in zoverrre heb je wel gelijk dat er een dominantie is.groeten
Jan
Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12928 is 'n antwoord op boodskap #12642] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Feb 1998 00:57:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

..en dan let ek op dat "verdere navorsing" oor die Nazi's nodig is
>> voor oordeel uitgespreek kan word, maar 'n negatiewe oordeel kan maar
>> laat waai word mee oor die swart stamme van Afrika.
>
> Hmmm....? Watter negatiewe oordeel?>>>

Soek dit maar self. ooookaaaAAYYY?????
Vorige onderwerp: Die Spinner
Volgende onderwerp: klapperkop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 14:37:41 MGT 2024