Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waarheid
waarheid [boodskap #129455] Sa, 25 Januarie 2020 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19422
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waarheid
Afbreking: waar•heid


Selfstandige naamwoord: waarheid
Meervoud: waarhede
Verkleinwoord: waarheidjie
Meervoud van verkleining: waarheidjies

Betekenis:
• Dit wat 'n ware feit is; wat regtig gebeur het.

Gebruik:
• Moenie jok nie, vertel my die waarheid!

Spreekwoord:
• Iemand goed die waarheid vertel. [Iemand berispe.]
• Die waarheid in die aangesig slaan. [Leuens vertel.]
• Ek wil agter die waarheid kom. [Uitvind wat waar is.]
• Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. [Leuens kom altyd uit.]
• Iemand kaalkop die waarheid vertel. [Sonder skroom reguit berispe.]
• Iemand onbewimpel die waarheid vertel. [Iemand reguit sê wat jy van hom dink.]
• Iemand padlangs die waarheid vertel. [Iemand reguit sê hoe sake staan.]
• Uit die mond van die kind, sal jy die waarheid hoor. ['n Kind sê wat hy dink en steek niks weg nie.]

Antoniem:
• leuen

Afgelei:
• kaalvuiswaarheid
• waarheidliewend
• waarheidskommissie

Vertaling:
Engels: truth
Nederlands: waarheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waarheen
Volgende onderwerp: waarlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:40:38 MGT 2024