Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitgaan
uitgaan [boodskap #129287] Vr, 17 Januarie 2020 14:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19075
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgaan
Afbreking: uit•gaan
Samestelling: uit + gaan


Werkwoord: gaan uit, uitgaan
Verlede tyd: het uitgegaan
Attributief: uitgaande

Betekenis:
• Na buite gaan.
• Êrens heen gaan om te kuier of te ontspan.
• In 'n verhouding met iemand wees.

Gebruik:
• Jy sal moet uitgaan as jy wil rook.
• Wil jy Saterdagaand saam met ons uitgaan?
• My ouers hou nie daarvan dat ek met hom uitgaan nie.

Spreekwoord:
• Daar kom altyd beter skepe in as wat daar uitgaan. [Daar kan altyd nog beter kanse kom as dit wat verby is.]

Antoniem:
• ingaan

Vertaling:
Engels: to exit, go outside; to go out; to date
Nederlands: uitgaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitdrukking
Volgende onderwerp: uitgee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 25 02:33:50 MGT 2024